Die wêreld in foto’s – 11 Januarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Donald Trump, die Amerikaanse president, praat Donderdag met verslaggewers voor die Withuis in Washington DC. Trump het gesê “hy kan byna met sekerheid sê” dat hy ʼn nasionale noodtoestand by die VSA-Mexiko-grens gaan verklaar – ʼn omstrede oorweging wat hy sedert verlede week in die openbaar genoem het. (Foto: Ting Shen, AP)

ʼn Motor ry Vrydag in ’n sneeubedekte straat in die Beierse stad Berchtesgaden, Duitsland, nadat Oostenryk en Suid-Duitsland swaar sneeuval ontvang is. (Foto: Lino Mirgeler, AP)

ʼn Man ry op sy perd vir opwarming voor die perdewedren ter viering van Epifanie in Pietrosani, Roemenië. Dié viering bring honderde mense in dié Roemeense dorpie byeen. (Foto: Vadim Ghirda, AP)

John Constable se skildery The Opening of Waterloo Bridge van 1832 in die Royal Academy in Londen. (Foto: Alastair Grant, AP)

Awer Mabil, Australië se middelveldspeler, teken sy span se tweede punt aan tydens die AFC-Asiese Beker- sokkerwedstryd tussen Australië en Palestina in die Al Maktoum-stadion in Dubai, Verenigde Arabiese Emirate. (Foto: Hassan Ammar, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.