Die wêreld in foto’s – 11 November 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Brandweermanne probeer ʼn veldbrand langs die Old Bar-pad in Old Bar, Australië, onder beheer bring. Veldbrande woed aan die droogtegeteisterde ooskus van Australië. Volgens owerhede is drie mense reeds dood, talle mense vermis, meer as 30 beseer en meer as 150 huise in puin gelê tydens die naweek se veldbrand. (Foto: Darren Pateman, AP)

Betogers met sambrele hardloop weg nadat traangas in Hongkong afgevuur is. Die polisie het ʼn betoger raakgeskiet toe betogers treinspore en paaie versper het. (Foto: Vincent Yu, AP)

Green Bay Packers se Aaron Jones en Aaron Rodgers neem ʼn foto van hulself net na hul oorwinning van 24 – 16 teen die Carolina Panthers tydens ʼn NFL-voetbalwedstryd in Green Bay, Wisconsin. (Foto: Mike Roemer, AP)

Duisende inwoners van Kaapstad het die Suid-Afrikaanse rugbyspelers ingewag om die Webb Ellis-trofee van nader te beskou. Die Springbokke se trofeetoer het Maandag geëindig. (Foto: Henk Kruger, AP)

Franse president Emmanuel Macron lê ʼn blommekrans by die Arc de Triomphe in Parys tydens die 101 jaar herdenking van die wapenstilstand net na die einde van die Eerste Wêreldoorlog in 1918. (Foto: Francois Mori, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.