Die wêreld in foto’s – 11 Oktober 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Kind slaap op ʼn ander kind se skoot terwyl hulle vir die Chinese president Xi Jinping buite die lughawe in Chennai, Indië, wag. Xi het Vrydag in China aangekom vir ʼn beraad met Indiese eerste minister Narendra Modi. (Foto: R Parthibhan, AP)

Mans kyk na die golwe terwyl tifoon Hagibis die hawe nader in Kiho, Mie-prefektuur, Japan. ʼn Tifoon is in aantog in Tokio se rigting en swaar reën word die naweek verwag. (Foto: Toru Hanai, AP)

Stefanos Tsitsipas van Griekeland vier sy oorwinning oor Novak Djokovic van Serbië tydens die mans se kwarteindstryd by die Shanghai Meesters-toernooi by die tennissentrum Qizhong Forest Sports City in Shanghai, China. (Foto: Andy Wong, AP)

ʼn Man dra ʼn branderplank by die Shigo-kus in Fukuoka, Suid-Japan. (Foto: Aaron Favila, AP)

ʼn Kambodjaanse seuntjie jaag sy koeie aan in die O-Andoeuk-nedersetting net buite Phnom Penh, Kambodja. (Foto: Heng Sinith, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.