Die wêreld in foto’s – 12 November 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Munisipale werkers maak die gemors op Durban se strand skoon wat deur onlangse oorstromings ná swaar reën veroorsaak is. Van die oorstromings het Sondag gelei tot paaie wat versper is asook verskeie padongelukke. (Foto: Bongani Mbatha, ANA)Picture Bongani Mbatha /African News Agency (ANA)

Hooggety het Dinsdag die 127 cm-merk op die oorstroomde St. Markus-plein in Venesië, Italië, bereik. ʼn Verdere styging tot soveel as 140 cm word voorspel. (Foto: Luca Bruno, AP)

Polisie sit studente agterna tydens ʼn botsing by die Chinese universiteit se kampus in Hongkong. Polisie en betogers was buite die kampus in ʼn stryd betrokke nadat betogers paaie versper het. (Foto: Steve Leung, AP)

ʼn Noodtoestand is vroeër die week in twee Australiese state verklaar as gevolg van verwoestende brande wat sedert Vrydag in Canberra woed. Die brande is Dinsdag deur sterk wind na die voorstede van Sydney versprei wat die lug bokant die Sydney Opera in gloed gehul het. (Foto: Mette Estep, AP)

Hillary Clinton, voormalige Amerikaanse minister van binnelandse sake, praat in die Southbank-sentrum in Londen met Mary Beard, kenner van klassieke kultuurgeskiedenis, tydens die bekendstelling van Gutsy Women: Favorite Stories of Courage and Resilience, die boek waarvan Clinton en haar dogter, Chelsea, die skrywers is. (Foto: Aaron Chown, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.