Die wêreld in foto’s – 20 November 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Emmanuel Macron, die Franse president, besoek die LaValee-sentrum in die Molenbeek-distrik van Brussel. Macron en die Franse presidentsvrou, Brigitte Macron, sluit Dinsdag hul tweedaagse staatsbesoek in dié stad af. (Foto: Geert Vanden Wijngaert, AP)

’n Vrou verkyk haar aan foto’s van die 2018 World Press-fotouitstalling by Dupont Underground in Washington DC. Die uitstalling word vanaf 27 Oktober tot 25 November aangebied en bestaan uit die wenfoto’s van die 61ste World Press-fotokompetisie wat jaarliks aangebied word. Dié jaar is meer as 70 000 foto’s vanaf 4 548 fotograwe ontvang. (Foto: Liu Jie, Xinhua)

’n Bemanningslid stap Dinsdag oor die dek van die Amerikaanse vloot USS Ronald Reagan in die Suid-Chinese See. (Foto: Kin Cheung, AP)

Bhavani Maa, een van die leiers van ’n Indiese transgendergroep, voer Dinsdag ’n ritueel uit vóór die afskop van die Kumbh Mela-fees in Allahabad, Indië. Kumbh Mela is ’n fees wat 45 dae duur en Januarie 2019 begin, waar miljoene Hindoe-aanhangers in die “heilige rivier” swem om hulle van hul sondes te reinig. (Foto: Rajesh Kumar Singh)

Dorpenaars woon die begrafnis van die rebel Abid Chopan by naby Shopian, suid van Srinagar in Kasjmir. Vier rebelle en ’n bevelvoerder van die Indiese weermag is Dinsdag in Kasjmir dood wat tot protesaksie in die streek gelei het. (Foto: Mukhtar Khan, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.