Die wêreld in foto’s – 20 November 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Grysbeer is te sien agter gebreekte glas in die Oakland-dieretuin in Oakland, Kalifornië. Volgens owerhede het ʼn besoeker die glas gebreek, maar is daar geen veiligheidsrisiko nie. (Foto: Oakland Zoo, AP)

ʼn Foto van ʼn man wat ʼn elektroniese sigaret gebruik in Mayfield Heights, Ohio. Die Amerikaanse Mediese Vereniging het Dinsdag gesê hulle verbied enige gebruik van elektroniese sigaret- en e-rook-apparate. (Foto: Tony Dejak, AP)

Prins Charles van Brittanje, vergesel deur sy vrou Camilla, die hertogin van Cornwall, woon ʼn seremonie op die Waitangi-terrein in Nieu-Seeland by. Die Verdrag van Waitangi, Nieu-Seeland se gronddokumente, is hier onderteken. Hy is die eerste lid van die Britse koninklike familie om die terrein in 25 jaar te besoek. (Foto: John Stone, AP)

Skoolleerders staan in die Assumption-katedraal se binnehof in Bangkok by ʼn plakkaat van pous Franciskus. Die pous gaan Woensdag in Thailand arriveer vir sy heel eerste besoek deur die hoof van die Rooms-Katolieke Kerk sedert pous Johannes Paulus II se besoek in 1984. (Foto: Gemunu Amarasinghe, AP)

Polisie praat met betogers tydens ʼn optog in die finansiële distrik in Hongkong. Skole in Hongkong het Woensdag heropen na dit vir ses dae weens betogings gesluit was. (Foto: Kin Cheung, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.