Die Windpomp wen groot by Silwerskermfees

Etienne Fourie, skrywer en regisseur van "Die Windpomp" tydens die 2014 Silwerskerm-toekenningsgeleentheid.

Etienne Fourie, skrywer en regisseur van “Die Windpomp” tydens die 2014 Silwerskerm-toekenningsgeleentheid.

Die 2014 kykNET Silwerskermfees het Saterdagaand tydens ʼn glansgeleentheid in Kampsbaai die beste rolprente en kortfilms met toekennings vereer.

Die Windpomp het die aand met vyf toekennings vir onder meer beste film en beste regisseur weggestap. Die romantiese komedie, Pad na jou Hart, het twee toekennings ontvang.

Bennie Fourie en Bouwer Bosch se skreeusnaakse donker-komedie, Vuil Wasgoed is aangewys as die beste kortfilm en Nommer 37 is ook met ʼn paar toekennings bekroon.

Hollywood in my Huis het drie toekennings ontvang en is as die kennersgunsteling vir beste speelfilm tydens die fees aangewys.

Die volledige lys van wenners:

Beste kortfilm: Vuil Wasgoed

Beste regisseur van ʼn kortfilm: Travis Taute & Nosipho Dumisa – Nommer 37

Beste akteur in ʼn kortfilm: Stian Bam – Trippie

Beste aktrise in ʼn kortfilm: Nicola Hanekom – Trippie

Beste teks vir ʼn kortfilm: Daryne Joshua: Nommer 37

Spesiale benoeming vir nuwe ikoon: Alberts Pretorius

Beste film (speelfilms): Die Windpomp

Beste regisseur van speelfilm: Etienne Fourie – Die Windpomp

Beste vroulike byspeler in ʼn speelfilm: Marga van Rooy – Die Windpomp

Beste manlike byspeler in ʼn speelfilm: Marius Weyers – Pad na jou Hart

Beste akteur in ʼn speelfilm: Louw Venter  – Konfetti

Beste aktrise in ʼn speelfilm: Anna-Mart van der Merwe – Stuur groete aan Mannetjies Roux

Mees oorspronklike musiek in ʼn speelfilm: Johnny de Ridder – Die Windpomp

Beste teks vir ʼn speelfilm: Etienne Fourie – Die Windpomp

Beste redigering vir ʼn speelfilm: Dwaine Faria Carrao – Pad na jou Hart

Beste nie-Afrikaanse speelfilmForgotten Kingdom

Kenners se keuse vir beste speelfilm by die fees: Hollywood in my Huis

Gehoorgunsteling vir beste speelfilm by die fees: Hollywood in my Huis

Gehoorgunsteling vir beste aktrise: Christia Visser – Hollywood in my Huis

Gehoorgunsteling vir beste akteur: Deandre Reiners – Seun­

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.