Die winter is (amper) hier

(Argieffoto: Pixabay.com)

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) voorspel koue weer vir groot dele van die land vir die volgende paar dae nadat die KwaZulu-Natalse kus Woensdag deur ’n koue front getref is.

Volgens Celeste Fourie, weervoorspeller by die SAWD, het die koue weer Donderdag begin om na die binneland te versprei. Mense in Mpumalanga, Limpopo, KwaZulu-Natal en Gauteng sit vandag verál diep onder hul komberse nadat dié provinsies die grootste temperatuuurdalings ervaar weens die koue front.

Donderdag gaan Gauteng se maksimum temperatuur met 2 ˚C, Mpumalanga met tot 4 ˚C, Limpopo met tot 6 ˚C en KwaZulu-Natal met tot 5 ˚C daal. Die meeste dele van dié provinsies gaan tot Sondag nog maksimum temperature in die lae 20’s ervaar.

Die temperatuur gaan vanaf Saterdag weer begin styg en terugkeer na normaal.

Die Noord-Kaap en Vrystaat se temperature het reeds begin daal, waar ’n minimum van -1 ˚C en maksimum van 21 ˚C vir Bloemfontein vir Donderdag verwag word. ’n Minimum van 1 ˚C en maksimum van 21 ˚C word ook vir Kimberley voorspel.

Fourie sê temperature in die land begin geleidelik daal namate die winter nader kruip. Die weerdiens verwag dat die winterkoue eers werklik in middel Junie gaan inskop.

Fourie sê daar is ’n groot moontlikheid dat dié winter kouer as die vorige jaar s’n gaan wees. “Dit is weens die goeie reënval wat steeds aan die einde van die somermaand voorgekom het. Ons kan dit egter nog nie met sekerheid sê nie,” sê Fourie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

sterk soos n beer ·

dit is veronderstel om in mei in die boland te reen en geen tekens van reen nie. as dit in mei nie reen nie gaan dit droe winter wees in die boland

Lorna ·

Ek is ook Fourie
Ek weet elke jaar is Julie ons koudste maand ooit
Maar whatever koud bly koud

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.