Dieet-advertensie moet teruggetrek word

Die omstrede advertensie Foto: www.garciniaslim.co.za

Die omstrede advertensie Foto: www.garciniaslim.co.za

Die Gesagsvereniging vir Reklamestandaarde (GRS) het beslis dat ʼn advertensie oor ʼn gewigsverliesproduk wat glo deur dokters aanbeveel word, teruggetrek moet word.

Rapid Diet Solutions CC, die respondent, moes sy bewerings en advertensiemateriaal onmiddellik terugtrek.

Dr. Rudi de Lange het die klag ingedien teen ʼn internetadvertensie en advertensie in gedrukte matriaal vir Garcinia Slim. Die advertensies is op die webwerf, www.garciniaslim.co.za, en in die Sunday Times gepubliseer.

Daar is ʼn foto van ʼn maer vrou met die woorde: “Die jongste, vinnigste vetbreker is Garcinia Cambogia-ekstrak: geen dieet, geen oefening, vetbreker, blokkeer vetvorming, elimineer maagvet.”

Die advertensie voer aan die produk word deur dokters “aanbeveel”.

De Lange het in sy klag gesê daar is onvoldoende bewyse dat die produk doeltreffend is vir permanente gewigsverlies oor ʼn lang periode. Hy sê ʼn billike hoeveelheid navorsing is oor die bestanddeel Garcinia Cambogia gedoen, en die jongste uitslag dui aan “daar is steeds baie min bewyse om die potensiële doeltreffendheid te staaf”.

Die GRS sê alle redelike stappe is gedoen om ʼn reaksie van die adverteerder te kry, maar niks is ontvang nie. “Nick Bowman, ʼn verteenwoordiger van die respondent, het bevestig dat hy ʼn e-pos ontvang het en vir uitstel gevra, maar daar is geen verdere reaksie ontvang nie,” het die GRS in sy uitspraak gesê.

Die GRS sê kragtens die advertensiekode moet adverteerders enige direkte of geïmpliseerde bewerings kan staaf. Volgens De Lange se klag moet adverteerders voldoende melding maak van die rol van dieet en oefening in gewigsverlies, maar die advertensie “ontmoedig uitdruklik” dieet en oefening.

Die GRS het beslis dat Rapid Diet Solutions CC nie meer die advertensie mag gebruik tensy voldoende bewyse ingedien en aanvaar is nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marlet Basson ·

Nou kom dit uit! Na ek 2 weke al die produk gebruik het ek nie eers 1 g verloor nie. Ek gym daagliks ek kyk na my dieet! R1500 down the drain

Babs ·

Ek het ook Carcinia Cambogia en Goji Berry kapsules geneem maar vinniger gelos as wat ek daarmee begin het.

LAnie ·

Dis alles ‘n scam en geldmaak storie. Ongelukkig is daar nie ‘n quick fix om gewig te verloor nie. Jy kan nie gewig wat jy oor jare opgetel het in 2 weke of ‘n maand verloor nie – dis ongesond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.