Dief bad toe sommer ook

bad badkamerʼn 18-jarige is Sondag in ʼn bad betrap nadat hy by ʼn onderneming in Eldoradopark in Johannesburg ingebreek het.

“ʼn Verdagte is in hegtenis geneem op aanklag van sakeroof terwyl hy by die toneel gebad het,” het kapt. Phillemon Khorombi, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê.

Die tiener het glo by ʼn kitskosrestaurant ingebreek en ʼn onbekende bedrag kontant en koeldrank gesteel. Hy het toe in die veiligheidswag se kamer, wat by die restaurant geleë is, gaan bad.

ʼn Saak is op 17 Oktober teen dieselfde jeugdige aanhangig gemaak vir huisbraak en diefstal. Al twee sake word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hannelie ·

Hahahaha hy het seker maande laas gebad!! Ten minste gaan hy skoon tronk toe, al is dit net vir ‘n rukkie.

Naal de Koker ·

Wat soek hy alweer buite die tronk, as hy in hegtenis geneem was op 17 Oktober????

moegoe ·

Seker maar dwelms se skuld,ten minste hou hy van WAS / SKOON wees. Sy straf sal seer sekerlik 10maande wees, dit is wat jy kry vir moord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.