Dief gewaarsku om nie meer te steel nie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat skuldig gepleit het op aanklag van die besit van gesteelde goedere, is Maandag n die Tonga-landdroshof in Mpumalanga gewaarsku om weg te bly van misdaad.

Bonginkosi Mabuza (25) van KaMaqhekeza naby die Swaziland- en Mosambiek-grens, is tydens sy vonnisoplegging gewaarsku, het ʼn Sapa-korrespondent berig. Hy is verlede jaar op 11 Maart in hegtenis geneem toe lede van die gemeenskapspolisiëringsforum en die polisie sy ma se huis deursoek en gesteelde goedere ter waarde van meer as R15 000 opgespoor het. Hy het Maandag skuldig gepleit op die aanklag van die besit van gesteelde ware.

“Ek is bly dat jy nog jonk is en dat jy belowend lyk, aangesien jy getroud is en ʼn kind het,” het landdros Hazel Khoza aan hom gesê. “Jy het ook ʼn werk en sorg vir jou ma. Hou dit so en hou nou op om by mense se huise in te breek en hul eiendom te steel.”

Khoza het Mabuza tot ses maande tronkstraf met ʼn opsie van ʼn R3 000 boete gevonnis, wat albei opgeskort is vir vyf jaar.

Moses Phakula, Mabuza se regshulpprokureur, het vroeër aan die hof gesê sy kliënt het nie die eiendom gesteel nie, hy het dit slegs vir ʼn vriend gestoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jan ·

Miskien moet landros Hazel Khoza vir Zuma ook bietjie aanspreek !

Lillian ·

Dis nou ‘n grap, om vir ‘n dief te sê hy moet wegbly van sy “werk”! Hou hom agter tralies en as hy onwettig in die land is, stuur hom maar na Lindela sodat hy sy tyd vir die jaar daar kan sit en wag om gedeporteer te word!

Nog beter, sluit die grensposte! Hierdie insypelinge kos ons net geld om te versorg ten tyde van hul aanhouding by Lindela.

Theresa ·

Ha ha – Lekker lag ek nou. Steel, word gevang en dan word almal se tyd en geld gemors om net te sê : “Jy moet nie weer steel nie hoor. Toe gaan doen nou jou werk, sorg vir jou vrou, kinders en ma”. Die landdros moes nog net bygevoeg het: “Soet wees hoor”. REGTIG………….!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.