Dief kom sy moses teë in voormalige Mej. SA

Cindy Nell

Cindy Nell

Cindy Nell, die voormalige Mej. Suid-Afrika, het vandeesweek sommer self ʼn dief agternagesit.

Nell het op haar Facebook-blad verduidelik sy was Donderdag in Seepunt in Kaapstad besig om ʼn pedikuur te kry. “My motor was oorkant die pad, reg waar ek dit uit die venster kon sien, parkeer,” het sy vertel. “Eers het ʼn groot, ou vrou baie naby aan my motor verbygeloop en subtiel ingekyk. Ek het eers gedink ‘dis vreemd’, en toe tien minute later het ʼn welgeklede man, in sy 20’s, met ʼn afstandbeheerder na my motor geloop en aan die ander kant van my motor gebuk, asof hy iets wou optel. Hy het egter my passasierdeur oopgemaak en my skootrekenaarsak agter my sitplek gehaal en ewe gemaklik weggestap.”

Nell het gesê sy het vergeet sy kan vinnig hardloop, maar met die krullers in haar hare en ʼn halwe pedikuur, het sy die man vir ongeveer ʼn halwe blok agterna gesit. “Ek het my skootrekenaarsak van sy rug afgepluk en kon hom selfs oor die kop slaan. Nog twee mans het hom gejaag, maar hy het weggekom.”

Sy deel ʼn paar lesse uit dié voorval:
– moet nooit jou skootrekenaar in die motor los nie – ons weet dit, maar ons vergeet soms
– misdaad is oral en niemand is uitgesluit nie
– die gerug oor die afstandbeheer/sluitstelsel is werklik
– ek stel nie voor dat enigiemand misdadigers moet konfronteer of jaag nie, maar soms neem mens se instink oor.

“Dankie aan die brawe mans wat probeer help het en aan Seepunt-sekuriteit,” het sy bygevoeg. Volgens haar is daar baie ooggetuies en vingerafdrukke en kringtelevisiebeeldmateriaal. “So miskien kan ons hom agter tralies kry. Ek het my skootrekenaar terug en dit lyk of my hardlopery vrug gedra het. Goeie ou Afrikaanse meisie – hulle maak ons sterk groot.”

Nell is in 2002 as Mej. Suid-Afrika gekroon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Sarie ·

Pragtig Cindy. Ek is bly als het goed afgeloop. Jy het gelukkig die verrassings-element aan joù kant gehad, anders kon dinge hèèl anders verloop het..

Boetman ·

Mooi Cindy!

Snaaks, sy se niks van die SAPS se hulp nie …

Albert Marais ·

Vir so n mooi girl sal ek ook moord pleg. Mooi gedaan

CommentQueen ·

Almal sê nou “mooi Cindy”…. maar is mense regtig nog so dom om waardevolle goed oop en bloot in motors te los? HALLOOOOO!!! ONS WOON IN SA!!!! Bere jou goedjies- steek dit onder die sitplek of in die kattebak weg…. Selfs my 5jarige weet dit….

Lee blik ·

Cindy is allermins dom. jou kommentaar klink soos n lee blik wat die hardste lawaai maak. Dit is haar motor, haar laptop – gemors is nie veronderstel om in te breek en dit te steel nie! Ons weet dit gebeur en welldone girl dat jy dit weer kon oplos!

Sons ·

Mooi Cindy,sal graag die kamera footage wil sien!Lyk seker soos iets uit n Leon Schuster movie

Francois van Niekerk ·

Mooi so Cindy!!!!!
Ons kort paar van jou kaliber in ons GPF!

Edmund ·

Dit kon so anders uitgedraai het. Is dit werklik ‘n skoot rekenaar werd? Wat as ‘n mes of selfs vuurwapen teen jou gebruik is? Maak seker jou deure is gesluit voor jy van jou motor af wegloop.

Cherokee ·

Cindy, eerstens geluk, ek is bly jy het jou skootrekenaar terug gekry. (hoe op aarde kon jy dit in jou kar los! Gelukkig dat jou kar binne sig was… en dat jy vlugvoetig is) Jy vertel vir ons geen nuus nie – maar ek kan jòu iets vertel…. jy het gedink jy het jou kar gesluit en nie seker gemaak nie. Dit kan nie met ‘n afstand beheerder oopgemaak word nie; dit kan slegs gebruik word om jou kar te verhoed om te sluit. Ek het my kar vandag ‘n paar keer gesluit in die parkeerarea van ‘n groot winkelkompleks en elke keer wat ek dit gedoen het was my oë op die slot om te sien dat dit in posisie sak. Makisaki, jy’t geleer sonder om skoolgeld te betaal. Wees versigtiger volgende keer:-)

Elizabeth ·

Wonderlik Cindy..n boere meisie reg grootgemaak,mooi so!
Steur jou nie aan die negatiewe komentaar nie.sommiges het nie adrenalien of instink nie en vergaan in hoekies.natuurlik is daar altyd die gevaar element maar genadiglik die keer was dit afwesig.
Saam jou gaan ek oorlog toe en durf die vyand aan. Lyk my jy slaan n goeue kophou ook.
Ek persoonlik het self ondervind hoe my motor se afstandbeheer heel toevallig n ander motor oopsluit. So ja dit IS moontlik.
Wens ek kon nog so vinnig hardloop soos jy…kom ons vernoem daardie straat na jou?!

Dottie ·

Baie dom om enigiets in jou motor te laat lê & dit nogals waar dit gesien kan word!

Johannes Meintjes ·

Mooi so Cindy (maar tereg is voorkoming beter as genesing)! Ai, dat vrouens hul man moet staan terwyl misdaad loshande weghol van die regring, SAPD, GPF en die manne met harde baarde.

Ansie Geldenhuys ·

Go Girl! Gaan groot! Trots op jou. Ek het self al op 70 jarige ouderdom, op instink gou buurtwag gedoen. Laat die adrenalien werk.

Francie ·

Mooi so! Dié man het verseker die skrik van sy lewe weg. My voete sal vleuels kry as ek deur ‘n woedende vrou (met krullers) gejaag word. Dit is verseker nie hoëpolfye wat so kan hardloop nie, of het hulle so in die hardloop gewaai? Verseker ‘n gevaarlike reaksie, maar dis goed dat diewe weet hulle kan nie net sommer vat en loop nie.

Ouma B ·

Cindy, hierdie tannie het jou behoorlik in haar ‘geestesoog’ gesien met krullers in jou hare en daar gaan jy! ‘Well done’, jou oulike ding! EK dink jy is pragtig, braaf en plat oppi aarde. Wens jou net voorspoed toe.

Martha de Waal ·

Welgedaan Cindy – mooi man – jy is nie net n mooi vrou nie, maar kan ook op jou regste staan. Trots op jou

Pierre ·

Hoekom weereens negatiewe kommentaar, is dit al wat ons kan doe. Sy het mos gese dat was ‘n fout en moet mens meer gefokus wees om nie waardevolle items in jou kar te los nie. Gee haar eerder die krediet wat haar toekom en hou die negatiewiteit vir jouself. Hoop jy beland nooit in so situasie nie want enige mens kan soms “op slip”. Aan Cindy wil ek se dit is “guts” tot die mag 1000. Wel gedaan.

Eliza-beth ·

Daar’s hy my girl! Wens ek kan sien hoe jy met krullers en al gehardloop het!

EBeste ·

ASB plaas die kring televisie stuk dit sal my dag maak. Mooi Cindy!!!!!!!!!!!!!

Rina Kotze ·

Mooi so Cindy!

Jy het onraad vermoed toe die ouer dame so in jou motor ingeloer het en dit het die sneller getrek om te reageer toe die “welgeklede man jou deur net oopmaak.

Ons moet ‘n slag terugbaklei en nie so hulpeloos wees nie!
Sekerlik het jy ook jou lesse geleer en almal wat so kommentaar gee, doen julle wat julle moet doen?
Party van hierdie misdadigers kort dalk net ‘n goeie pak slae!

Takkie Takuuza ·

Julle kon seker ‘n beter opskrif kies. Klink of Moses in mejuffrou SA is. Ek sou eerder gesê het “met” die mejuffroutjie.

Theresa ·

Welgedaan! Die ou sit seker nou nog iewers en bewe – nie aldag wat so ‘n mooi vrou jou met krullers in die hare agterna sit in die publiek nie! Dit kan baie snaaks wees – hoop ons sien iets hiervan. Op ‘n ernstiger noot: Wat moet mens doen om die oopsluitstelsel teen hierdie nuwe truuk te beskerm??

Cherokee ·

Die oplossing is gratis, verniet en vir mahala, Theresa. En so eenvoudig. Kýk en sièn dat jou slotte sluit en moet nie wegstap en tevrede wees met net die sein nie. Dit verhoed steeds nie ‘n inbraak in die kar nie maar dan is dit gedwonge toegang en ‘n versekeringseis kan geloots word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.