ʼn 19-jarige man is in hegtenis geneem nadat Dutywa-polisiebeamptes in die Oos-Kaap hom in die plafon van ʼn plaaslike hoërskool opgespoor het.
Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het Donderdag omstreeks 22:00 inligting ontvang dat daar by die skool in Dutywa ingebreek is. “Beamptes was op soek na die verdagte en het hom in die plafon opgespoor. Hy het van die skool se eiendom, ter waarde van R3 500, in sy besit gehad.”
Die man sal na verwagting Maandag in die Dutywa-landdroshof verskyn op aanklag van sakeroof.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Hy was so opgewonde om die nuwe skool termyn in te val, hy het dit sommer deur die dak, n week voor die tyd gedoen. Gee hom n matriek sertifikaat vir sy moeite.