“Dief” sny hom met venster toe hy vlug

Die venster waar die verneemde dief hom gesny het. Foto: Marshall Security

Die venster waar die verneemde dief hom gesny het. Foto: Marshall Security

Waarskuwing: Die foto onderaan die berig is grafies van aard en mag sensitiewe lesers ontstel

Twee mans verskyn Maandag in die Durbanse landdroshof nadat hulle Vrydag in die stad tydens ʼn huisbraak in hegtenis geneem is. Een van die verdagtes is deur stukkende ruitglas gesny toe hy en sy makker wou vlug.

Veiligheidsbeamptes van Marshall Security was op die toneel. Hulle skryf op hul Facebook-blad dat die mans toegang tot die erf in Balmoreweg bekom het deur oor die voorste muur van die eiendom te klim. “Hulle het ʼn venster gebreek om toegang tot die huis te kry,” het die groep geskryf.

Na wat verneem word, is die twee tydens die huisbraak gesteur en het een van die verdagtes homself gesny toe hy by dieselfde venster wou uitklim om te vlug.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, het Sondag aan Maroela Media gesê die verdagtes, onderskeidelik 22 en 27 jaar oud, is in hegtenis geneem. Hulle word van huisbraak aangekla.

Foto: Marshall Security

Foto: Marshall Security

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jasper ·

n Mens velekker jou nie in jou medemens se ongeluk nie. Maar hier was nie n ongeluk nie.
Lekkerrrr, Kry vir julle !!!

Marius ·

Die eienaar van die huis gaan moontlik met ‘n proebleem sit, daai twee ewels gaan seker ‘n saak teen die eirnaar maak, poging tot moord, aanranding ens ens agv die vensters wat so dun is en geen beskerming op gehad het nie EN daar wat nie ‘n waarskuiwings bord op dat die vensters kan sny as jy dit breek nie, kriminele het mos meer reg in die land as wets gehoorsame mense.

wil net se ·

LOL. En dis rasisme want die. Venster het ‘n swart man gesny.

andrea van vuren ·

Hy gaan loskom. Hy sal moontlik vir adv..Barry Roux kry om hom te verdedig!

kobie ·

Ag nee! Nog iets wat die belastingbetaler gaan betaal. Hier kom nog n ongeskiktheids eis ook. Dis n WCA besering. Besering is opgedoen teryl hy sy daaglikse werk gedoen het waarin hy hom elke dag uitleef . .

Piet Visser ·

gelukkig vir hulle was daar nie n atleet met n 9 mil in die omgewing nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.