‘Dief’ uit slaap gewek; in hegtenis geneem

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 40-jarige vermeende motordief is Donderdagoggend uit sy slaap wakker geskud en in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het polisiebeamptes ʼn wit Mitsubishi-voertuig met koeëlgate op ʼn erf in Eersterust, Pretoria, opgemerk. Dit kom nadat beamptes inligting opgevolg het oor ʼn motordief wat na bewering in dié omgewing bedrywig is.

Weilbach het gesê die verdagte het in ʼn kamer lê en slaap in die huis waar die voertuig gevind is. “Hy kon geen verduideliking gee vir die koeëlgate in die voertuig nie.”

Volgens Weilbach is daar op verskeie motorsleutels, skootrekenaars en toerusting wat gebruik word om by motors in te breek beslag gesê. “By verdere ondersoek het ons vasgestel dat die betrokke voertuig in Oktober in Eersterust gesteel is.”

Die verdagte sal in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklagte van motordiefstal en besit van gesteelde goedere. “Ons ondersoek die moontlikheid dat die verdagte  ook met ander misdade verbind kan word,” het Weilbach gesê.

Maj.genl. Jimmy Ledwaba, bevelvoerder van die Sunnyside-polisiekantoor, het gesê die polisie doen alles in sy vermoë om misdaad te voorkom en te beveg tydens die feesseisoen. “Hoë sigbaarheid van beamptes op strategiese plekke oor die Kerstyd sal ʼn veilige feestyd vir almal verseker,” het Ledwaba gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gertjie ·

Dis net in die feesseisoen wanneer hulle werk, ook nie almal nie.
Die res van die jaar eet hulle net KFT.

krokkie ·

Lol na aanleiding v slapende polisielede in aanklagkantore, moes hulle seker hul wekkers gestel het om wakker te word voor hulle hom kon gaan wakker maak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.