‘Dief’ vas ná skietery met polisie

Argieffoto

Argieffoto

Een persoon is in hegtenis geneem en ʼn paar verdagtes het te voet gevlug ná ʼn skietgeveg met die polisie in Westville, Durban.

“Beamptes van Westville se misdaadbekampingseenheid het Woensdag ʼn klag ontvang oor ʼn huisbraak in Dawncliffe waartydens ʼn motor gesteel is,” het brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie in Kwazulu-Natal, gesê. “Die beamptes is na Mwelaseweg waar hulle twee voertuie by die begraafplaas opgemerk het.”

Die verdagtes het op die polisie begin skiet, en die polisiebeamptes het teruggeskiet. “Een verdagte is in albei sy bene geskiet en hy is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die ander verdagtes het te voet van die toneel gevlueg,” het Naicker bygevoeg.

Nie een van die polisiebeamptes is tydens die skietery beseer nie.

Die polisie het beslag gelê op twee voertuie, ʼn swart Mercedes Benz wat tydens die huisbraak gesteel is en ʼn i20 Hyundai, ʼn huurmotor wat vermoedelik tydens die huisbraak gebruik is. Die polisie het ook beslag gelê op ʼn skootrekenaar en ʼn selfoon.

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Durbanse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.