Dief wat historiese treine plunder, gevonnis

Die Outeniekwa-vervoermuseum in George. (Foto: GardenRoute.com)

ʼn Man wat onder meer antieke stoomtreinenjins uit ʼn museum in George in die Wes-Kaap gesteel het, is Donderdag in dié stad se streekhof gevonnis.

Nzaweka Tawule (45) is 12 maande tronkstraf opgelê vir diefstal en die kwaadwillige beskadiging van eiendom. Hy is ʼn verdere twee jaar opgeskorte vonnis opgelê met die voorwaarde dat hy nie in daardie tyd skuldig bevind word aan ʼn soortgelyke oortreding nie.

Volgens Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, het dit in Desember verlede jaar aan die lig gekom dat dele van die stoomlokomotiewe wat in die Outeniekwa-vervoermuseum in George vertoon word, gesteel of beskadig is.

“ʼn Ondersoek is van stapel gestuur wat tot die inhegtenisneming van Tawule in Mei vanjaar gelei het.”

Koperpyp met dik wande is in sy besit gevind en die ondersoekbeamptes het daarin geslaag om hom met die diefstal van ʼn aantal lokomotiewe te verbind.

Tawule is in Augustus vanjaar skuldig bevind op al die aanklagtes teen hom.

“Hy is tydens sy vonnisoplegging ongeskik verklaar om ʼn vuurwapen te besit,” het Hani gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Lourens CFG ·

Die goed weeg baie tonne, so het hy heel lokomotiewe stuk stuk weg gedra?
Dan het dit oor ‘n lang tydperk gebeur, is daar nie ‘n opsigter nie?
Ek wonder maar net.

Rooikopheks ·

Onverstaanbaar, dis ń museum en kry baie besoekers. Hoe het hy te werk gegaan, iemand moes hom gesien het.

Cherokee ·

Korrek. Zuma het meer gekry en was byna glad nie in ‘n tronk.

Kremetart ·

Opgeskorte vonnis?
Dis baie stil by die museum, ons was enigste besoekers op ‘n dag.
Bitter jammer oor die skade.

Pablo ·

Moet die Museum bestuurder aankla van swak bestuur en moontlike korrupsie.

Nico ·

Die ou verniel Afrika geskiedenis en kry net 12 maande gevangenis straf, dit is belaglik.

Winnie ·

Ai tog waar is die sekuriteit as dit by waardevolle goed kom. Tyd dat mense bykom

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.