Dief wou glo saam met haar “bid”

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

ʼn Vrou van Soweto in Gauteng is beroof nadat ʼn man haar oortuig het om hom saam met haar huis toe te neem, sodat hulle saam kon bid.

“Die vrou het Woensdag in die straat geloop toe die man haar voorkeer,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het gesê hy weet sy het probleme by haar huis en indien sy nie meer so swaar wil dra aan die probleme nie, moet hy saam met haar huis toe gaan om saam met haar te bid.”

Die vrou het die man huis toe genooi en hy het glo begin bid. “Terwyl hulle gebid het, het nog ʼn persoon in ʼn motor opgedaag en hulle het ʼn skootrekenaar en selfoon gesteel. Toe sy ‘amen’ sê en opkyk, het al twee mans verdwyn,” het Makhubela bygevoeg.

Niemand was nog teen Donderdag in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alet ·

Onnosel verby hulle weet hulle kan nie eers hulle eie mense vertrou nie laat dit n les wees

Elizabeth ·

Ja.. wat kan mens sê? Die duiwel kom in allerhande gedaantes!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.