Diefstal by drie skole in Port Elizabeth

skool-21.jpeg

Argieffoto

Drie skole in Port Elizabeth het die afgelope week onder diefstal deurgeloop toe kontant en ander waardevolle bates gesteel is.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, het Donderdag bevestig daar was Woensdagaand ʼn inbraak by Victoria Park Grey Primary School in Humewood. Skootrekenaars en ʼn beduidende bedrag kontant is gesteel.

Diewe het vroeër vandeesweek by ʼn kluis by Theodore Herzl Primary School ingebreek en ʼn groot bedrag kontant gesteel.

Drie persone het Woensdag ʼn gewapende roof uitgevoer by die Harvest Christian School nadat hulle hulself voorgedoen het as iemand wat skoolgeld wil betaal.

“Die polisie ondersoek sake van gewapende roof en diefstal,” het Naidu gesê.

Sy het skole in Port Elizabeth gewaarsku om nie groot bedrae kontant op die skoolperseel aan te hou nie, veral nie hierdie tyd van die jaar nie. “Hou slegs die minimumbedrag kontant by die skool en deponeer kontant gereeld. Dit wil voorkom of die diewe die alarms omseil. Ons stel voor dat skole veiligheidswagte aanstel, veral deur die dag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Julie van Zyl ·

Ai tog !! Gaan ons geliede Suid-Afrika ooit weer dieselfde wees. Gaan ons ooit weer met vensters kan oop slaap?

susan@ ·

Dit kan weer so wees as die mense ophou om verkeerde dade te pleeg. Maak my moedeloos om al die negatiewe goed wat plaas vind te lees. Ons het so ñ mooi land wat foeter hulle alles so op!!!!!

Bots ·

Julie, as ons nie gaan begin saam staan as een volk nie….Dan nee ons gaan nie weer met vensters kan oop slaap nie.

Skim ·

En dit gaan net erger word, geen gevolge vir hierdie mense se dade nie, net’n waarskuwing of slap on the wrist indien hulle ooit gevang word, of andersins sal die ondersoek dalk nog 5 jaar aanhou tot almal later daarvan vergeet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.