Diefstal by Interpol-kantoor in Pretoria

Argieffoto

Argieffoto

Vyf skootrekenaars wat glo sensitiewe inligting bevat, waaronder inligting oor die omstrede Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir se ondersoek, is uit Interpol se kantore in Pretoria gesteel.

Die Sowetan het Woensdag berig een van die skootrekenaars wat gesteel is, behoort glo aan ʼn beampte wat betrokke was by George Louca se uitlewering van Ciprus na Suid-Afrika.

Volgens die koerant bevat die skootrekenaars ook ʼn lys van geheime getuies en inligting van ʼn internasionale misdaadsindikaat.

Die inbraak het oor die naweek by kantore wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens aan Interpol afgestaan het, plaasgevind. Die diewe het glo Saterdag vir die eerste keer toegeslaan, en Sondag teruggekeer.

Die diewe het vermoedelik toegangskaarte en -kodes van die gebou bekom. Drie kolonels en twee kapteine werk in die kantore.

Lt.genl. Solomon Makgale het die diefstal bevestig, maar kon nie bevestig of daar sensitiewe inligting op die skootrekenaars was nie.

“Ons wil nie die saak vooruitloop nie, maar ons is besig om die voorval te ondersoek,” het hy gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Krejcir en ʼn groep medepligtiges word tans verhoor op aanklagte van ontvoering, poging tot moord en dwelmhandel.

Louca word verdink van die moord op Lolly Jackson, die voormalige eienaar van Teazers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

estelle ·

As daar sulke sensitiewe inligting op die “laptops” was of is, hoekom was die rekenaars nie in ‘n kluis weggesluit nie? die rowers het toeganskaarte en kodes gehad, wow, hoe gekry??? ja nee hiep hiep hoera vir ‘n “wakker” suid-afrika!!!

Paplepel ·

Gee kans, een of ander tyd gaan die verbinding tussen die SAP se grootkoppe en die misdaad sindikate gemaak word. Dis maklik om te kyk met wie se kaart of kode toegang verkry was. Ek wonder hoeveel kos dit Krejcir ‘n maand om handpalms te smeer. (Jammer vir die anglisisme).

Rooies ·

As die POLISIE n goeie SEKURITEITSMAATSKAPPY wil gebruik om HULLESELF OP TE PAS, kan hulle my kontak. Ek weet van n baie goeie een…

Elizabeth ·

Ek sien alweer die snaar kom weg met al sy dinge. Het hulel dan nie sulek goe dop ander maniere “gebêre” in geval so-iets gebeur nie – mens tref mos goeie voorsorg. En verder tref mens ook goeie voorsorg dat rekenaars en leêers met sulke sensitiewe inligting baie goed bewaar word! Hoe word dit dan so redelik maklik gesteel? Slang in die gras sê ek!

Elizabeth ·

Jammer oor die tikfoute! Soms is die vinger vinniger as wat hy moet wees!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.