Diefstal by Nkandla-man se kantore

Nkandla

Nkandla

Diewe het ingebreek by die kantoor van ʼn man wat 12 staatsamptenare verteenwoordig op aanklag dat hulle tydens opgraderings aan Nkandla, prosedures omseil het, het Beeld Dinsdag berig.

Claude Naicker, bestuurder van die staatsdiensvakbond PSA in KwaZulu-Natal, se skootrekenaar is Maandag op die vooraand van die verhore gesteel. Die diewe kon daarin slaag om verby veiligheidswagte te glip na Naicker se kantoor op die 11de vloer van die vakbond se gebou in Durban.

Naicker is skepties oor die moontlikheid dat die diefstal verband hou met die saak oor Nkandla. Volgens hom is daar miskien “ʼn vyf persent kans” dat dit verband hou, aangesien daar onlangs ook ander inbrake by die kantore was. “Maar ʼn mens weet nooit,” het hy gesê.

Die verhore hou verband met die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se verslag oor die R246 miljoen se opgradering aan pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning in KwaZulu-Natal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.