Diefstal lei wéér tot kragonderbreking in Warden

(Argieffoto: pixabay)

Warden en omliggende gebiede in die Vrystaat is tans sonder elektrisiteit as gevolg van diefstal by ’n substasie. Diewe het Vrydag vroegoggend op die substasie toegeslaan.

Stefanie Jansen van Rensburg, woordvoerder van Eskom, sê verbruikers wat elektrisiteit van die volgende kraglyne ontvang, word beïnvloed: Warden na Gryskop, Reitz, Verkykerskop, Sterkdam, Witkoppen en Holspruit.

“Ons weet nog nie hoe lank dit gaan vat om die kragtoevoer na die lyne te herstel nie, maar in gevalle soos hierdie waar die substasie se toerusting erg beskadig is, kan verwag word dat die onderbreking ’n lang tydperk sal duur.”

Kriminele gedrag soos dié jaag Eskom en die betrokke munisipaliteite miljoene rande uit die sak. “Dit is ook ʼn groot ongerief vir kragverbruikers,” sê Jansen van Rensburg.

Inwoners van Warden en omliggende gebiede was twee weke gelede ook sonder krag gelaat nadat kragkabels van ’n substasie in die gebied gesteel is.

Eskom versoek verbruikers wat deur die onderbreking geraak word, om steeds elektriese toerusting versigtig te hanteer omdat die elektrisiteit skielik en sonder kennisgewing weer aangeskakel kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Essie

Dis hoekom ons land nie sal vooruit gaan nie maar ook n swak naam sal kry

Kokerboom

Die boewe en skuldige skroothandelaars moet lewenslank kry. Sal monitoring deur kameras moontlik help?

Landi

Sit kameras met sensors en outomatiese gewere daar!!!

Essie

Nou word die munisipaleteit verkwalik omdat daar geen krag is nie