Diefstal op Limpopo-plaas

Die boer se wit Isuzu-bakkie wat ná die diefstal weer gevind is (Foto: SAPD, Limpopo)

Die polisie in Limpopo is op soek na drie verdagtes wat oor die naweek by ʼn huis op Speculatie-plaas naby Lephalale (Ellisras) ingebreek het.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagtes die perseel tussen Saterdag en Sondag betree het, toe die eienaar nie by die huis was nie,” het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die diewe het deur ʼn venster toegang tot die huis bekom.”

Hulle het meganiese toerusting gebruik om ʼn kluis oop te breek en het ʼn onbekende bedrag Amerikaanse dollar, vier plasmatelevisiestelle en ʼn aantal jaggewere gesteel. “Hulle het die gesteelde goedere op die boer se wit Isuzu-bakkie gelaai en daarmee weggery.”

Van die jaggewere wat ook in die kluis was, is op een van die beddens in een van die kamers gevind.

“Die Isuzu-bakkie is ongeveer 10 km van die toneel gevind. Die bande was pap. Slegs die vier televisiestelle was nog agter op die bakkie,” het Mojapelo bygevoeg.

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat die verdagtes moontlik vroeër op die plaas gewerk het. “Die Lephalale-taakspan is nog op soek na die drie persone, die geld en die jaggewere.”

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het almal betrokke geloof dat hulle vinnig reageer het en reeds van die gesteelde items gevind het. Daar word ʼn beroep op boere gedoen om die korrekte proses te volg wanneer werknemers in diens geneem word, deur behoorlike identifikasie te eis voor enigiemand as ʼn plaaswerker geregistreer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Michael ·

Die beskrywing van die verdagtes is te vaag om die polisie te kan help was die verdagtes swart ,wit lank,maer,???

Piet Pompies ·

Ons is wel nie ‘n plaasboere maar ons is ook deur werkers besteel, ten duurste, daardie geld en sentimentele waarde is weg, nou in die hande van die onverdiende.
Vandag trek ons swaar met die werk maar doen alles eerder self, geen diefstal verliese. Ek weet net nie hoe die boere sonder aarbeid kan klaarkom, dalk moet hulle meganiseer waar hulle kan.

Realis ·

Die manne weet wat hulle soek………..meeste van daai ” jag gewere” op die foto wat agter gelaat is is gewone windbukse/Pellets………..net een lyk na enkelskoot 410 of .22

anton ·

Solank hulle sulke vae beskrywings gee van moordenaars, rowers, kapers ens. sal ek nie en glo baie ander ook, geensins n poging aanwend om te help soek of op die uitkyk wees vir hulle nie.
Glo eintelik die polisie wil hulle nie regtig vang nie daarom die swak beskrywings altyd oor die sulkes!!!
Hulle moet eerder ophou vra vir hulp om skuldiges te probeer vang want as hulle nie bereid is om meer akkurate beskrywings te gee nie, los dit eerder. Julle mors net die publiek se tyd.
Hoekom moet ons maar altyd raai en wonder???

Vra maar net ·

Word die gewere elke dag gebruik? Ek glo nie. Bêre dus die slot van die geweer op ‘n ander plek/kluis. Hoe weet hulle (polisie) daar was drie betrokke?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.