Diefstal van landbouprodukte kommerwekkend

(Foto: StatsSA)

Die landbouorganisasie TLU SA sê daar was die afgelope ruk ʼn beduidende toename in die diefstal van landbouprodukte. Dit sluit in diefstal van boere se oeste en vee en ook al hoe meer kabeldiefstal.

Henk van de Graaf, voorsitter van TLU SA se Noordstreek, sê die toename in diefstal neem kommerwekkende afmetings aan en dit is duidelik dat misdadigers hulle nie aan die afsonderingsregulasies steur nie.

“Wat ons verder bekommer is die feit dat plaaswagte en gemeenskapspolisiëringsforums uitdruklik deur die minister van polisie verbied is om met hul normale patrollies en misdaadvoorkoming voort te gaan. Waar die polisie tans fokus op ander sake, beteken dit dat die landelike gebiede nou onbeveilig is. Misdadigers weet dit en maak misbruik van die situasie,” sê Van de Graaf.

“Ons is ook bekommerd dat die polisie se prioriteite in sommige gevalle nie reg is nie, deurdat hulle eerder mense wat ʼn rook- of drinkdingetjie wil aanskaf, selfs onredelik hardhandig vervolg, terwyl boewe wat voedselsekerheid bedreig, geen vorm van polisiëring vrees nie.”

ʼn Algehele verbod op die verkoop van alkohol en sigarette geld sedert die staat van algehele afsondering – tot die groot frustrasie van miljoene Suid-Afrikaners.

Van de Graaf sê hulle raai boere aan om hul waaksaamheid op hul eie plase te verhoog, maar dat die krag van plaaswagte juis lê in die onderlinge samewerking en doeltreffende kommunikasie. Groter gebiede as net jou eie plaas en openbare paaie, wat dikwels die toegangs- en wegkomroetes van misdadigers is, moet ook gepatrolleer word.

Hy sê dié gebiede is nou verlate, wat die landelike boewe uiteraard verwelkom.

“Ná die geweldige droogte en die landboubedryf se verlamming as gevolg van die bek-en-klouseer, kan boere nie nou nog onbeheerste diefstal van hulle produkte bekostig weens irrasionele besluite van die minister van polisie in dié verband nie,” sê Van de Graaf.

“Boere begin hul plase nou as rampgebiede beskou en gaan hul eie noodmaatreëls instel teen enige verdagte betreding of beweging op die plaas,” waarsku hy.

“Dit gaan tot niemand se voordeel wees nie en ons doen ʼn beroep op die provinsiale regering om die saak dringend met die nasionale regering op te neem ten einde ʼn spoedige hersiening van bestaande opdragte in dié verband te kry. Ons kan nie nog drie weke so aangaan nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jaco ·

Toe lockdown se ekonomiese gevolge die eerste keer bekend gemaak is, het ek gesê die regering gaan dit gebruik as ‘n manier om wit mensr finaal by te kom. My kommentaar is afgeskiet en eks omtrent gekruisig. Nou gebeur wat ek voorspel het….

Oujongvrou ·

Jaco, die boere moet die regering nou maar aanvat vir hulle skade, aangesien hulle verbied is om veilig te wil wees. Dis verregaande. Hierdie regering gaan nie stop om wit boere by te kom nie, eers as hulle jare van nou sit waarZim nou is, sal hulle dalk begin wonder wat hulle verkeerd gedoen het.

Nie Verbaas ·

Is daar nog enige twyfel oor wetsgehoorsaamheid en respek vir bates onder ons ANC regering?

Bernard ·

Wat op aarde nou nog?????
Die regering moenie die boere blameer as hulle nou die reg in eie hande neem nie want hulle is tans totaal oorgelewer aan die genade van die misdadigers.
Die veiligheid en sekerheid van die boere en die voedsel wat hulle produseer was in elk geval nog nooit ‘n prioriteit van die regering nie.

Danie ·

Mnr Van Der Graaf ek kan nie verstaan hoekom julle vereniging nie meer daadwerklik optree nie. Gaan sien die bleddie minister of sy adjunk en stel julle saak sterker as om net die media te gebruik. Julle organisasie is groot genoeg om hulle te laat luister. Stel dit aan hulle dat dit julle konstitunele reg is om lewens en eiendom te beskerm as die regering nie kan of wil nie. Is julle bang vir die regering?

Boortor ·

Danie ek stem saam! Gaan sien die mense en se hulle baie duidelik wat die gevolg gaan wees as dinge so aangaan en hulle niks daaraan doen nie. En as daar geen reaksie van hulle is nie dan moet ons doen wat ons gese het ons gaan doen!

Deon ·

Ek stem, hier is te veel “regerings ” wat mekaar “dringend” moet aanspreek om eintlik,,, n ramp te voorkom, te veel red tape

Rodger17 ·

Onthou net een ding mooi,the people gaan nie hul eie mense target om te roof,plunder en moor tydens lockdown nie.Dis dalk tyd on situasie te reverse en hulle te target

Michael 1 ·

Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat ek nie n huishulp of tuinhulp nodig het nie,so die geld wat ek spaar kan ek my sekuriteit opskerp ens ens

Fedup ·

Again. the anc should start their own little veggie gardens and start taking care of their people. No farmer should supply food to the country anymore. Take away the food. Sounds stupid, but you know what. Enough us enough. Murder, theft and damages. How much can people take before they snap.

Jacobus ·

Onthou, produk diefstal = veë diestal. Die nasionale regering moet binne dae hulle prioriteite in orde kry. Die produkte gaan nie deur markstelsel maw belasting word nie daarop gehef nie – dit beteken weereens indirekte diefstal uit die staatskas.
Meneere hoe moeilik is dit om te verstaan. Of is Jaco reg?
Dinge raak nou só blatant dat dit moeilik is die teendeel te bewys.
Benewens dié wyshede – werksgeleenthede gaan verlore!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.