Diefstal van sand lei glo tot vier seuns se dood

Bonginkosi Madikizela het die toneel Donderdag saam met ander rolspelers besoek.

ʼn Ondersoek is begin om die presiese omstandighede te bepaal wat tot die dood van vier seuns gelei het langs die N2-snelweg in Kaapstad in die Wes-Kaap. Die seuns het in ʼn gat langs die snelweg geval.

ʼn Noodoproep is Maandag net ná 15:00 oor die voorval ontvang en nood- en reddingspanne is na die toneel naby die N2/Borcherds Quarry-aansluiting ontbied.

Die liggame van twee seuns is net ná 18:00 uit die gat gehaal. Snuffelhonde is ook in die soektog ingespan en die liggaam van ʼn derde seun is net ná 21:00 uit die gat gehaal. Die liggaam van die vierde seun is Dinsdag net ná 02:20 uit die gat gehaal.

Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse LUR vir vervoer en openbare werke, het Donderdag die toneel besoek en sy medelye met die oorledenes se gesinne betuig. “Geen ouers moet deur die pyn gaan om hul kind te begrawe nie,” het hy gesê.

Madikizela het ook die seuns se gesinne besoek om sy medelye te betuig.

Madikizela het sy departement opdrag gegee om ʼn dringende ondersoek te doen na die voorval. Die ondersoek moet die identifisering van soortgelyke gevaarplekke langs die provinsiale padnetwerk insluit.

“Misdadigers het glo die vorige naweek groot hoeveelhede sand uit die wal langs die pad gegrawe en dit het ʼn ineenstorting tot gevolg gehad terwyl die kinders daar gespeel het, onbewus van hierdie gevaar,” het Madikizela gesê.

Die polisie is versoek om ʼn ondersoek in die verband te begin en diegene wat verantwoordelik is aan die pen te laat ry. Madikizela het ʼn beroep op wetstoepassingsagentskappe gedoen om polisiëring in die area te verhoog om soortgelyke voorvalle te verhoed.

Die gemeenskap is ook aangemoedig om enige onwettige optrede dadelik by die owerhede aan te meld. “Ons moet alles in ons vermoë doen om ʼn soortgelyke tragedie te voorkom.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Miskruier ·

Het al Dep van mynbou laat uitkom, dit het niks gehelp nie. Daar is nie meer wet en orde.

Suzette ·

Het van die begin af geweet daar is iets aan die gang- waar grawe jy so ‘n diep gat uit en dit onder ‘n pad wat soveel verkeer dra. En ek laat my nie vertel die kinders het dit sommer vanself gedoen nie – hulle is deur ‘n volwassene/s gevra om dit te doen want die kinders sou nie geweet het hulle kan noodwendig sand daar uitgrawe wat vir bouwerk of iets anders gebruik kan word nie.

Dup ·

So gaan die Wes Kaap se “fondasie” nog heeltemal uitgegrawe word deur “our people” totdat alles in duie stort.Die regering kritiseer die Wes Kaap op ñ daaglikse grondslag maar “our people” stroom die provinsie in hulle duisende binne op soek na werk en ñ “beter lewe”.
Grondbesettings vind gereeld plaas en die organiseerders van hierdie optredes sal nie ophou voor die Wes Kaap nie heeltemal oorspoel is deur hulle massas nie.

James ·

Die Xhosa – inval. ‘n Onverklaarde oorlog deur die ANC op die laasste provinsie waar hulle nie beheer het nie.

Vreedsame Sesessie – NOU – voor ons moet oorgaan tot meer drastiese stappe.

Smurf ·

En waar is die skreeuende en dansende rooikappies nou…..o ja……die wind het anders gewaai…..

Hennie J ·

Nou skree almal WOLF WOLF. Ongelukkig sal die kader wie se direkte verantwoordelikheid dit was om te sien dat sulke dinge nie gebeur nie, gesigloos, naamloos en strafloos bly.

Kokerboom ·

Die ANC het in 25jaar die land tot totale verval bestuur. Weskaap moet ligloop! ANC verdra NIE iets wat werk!

Susanna ·

Soos ek verstaan het misdadigers die groot hoeveelhede sand uit die wal langs die pad gegrawe en dit het ʼn ineenstorting tot gevolg gehad terwyl die kinders daar gespeel het. Dis nie die kinders wat dit gedoen het nie, hulle het maar net daar gespeel.

Maggies ·

Geen wonder ons paaie val so inmekaar na die reën nie. Daar moet ondersoek word of dit nie in ander provinsies ook gebeur nie.
Waarvoor sal sand of grond onder besige paaie uigegrawe word? Dis dalk ‘n ander vorm van terrorisme.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.