Diefstal van verkeersligbatterye bly ʼn probleem

Foto: Stad Kaapstad/ANA

Stad Kaapstad doen ʼn beroep op die publiek om diefstal van infrastruktuur aan te meld, aangesien diewe steeds verkeersligbatterye teiken.

Die ononderbroke kragtoevoer (UPS)-batterye en -eenhede word gesteel en dit hou verkeersligte aan die brand tydens kragonderbrekings.

Felicity Purchase, burgemeesterskomiteelid van vervoer, het Woensdag in ʼn verklaring gesê die stadsraad het die finansiële jaar, wat op 30 Junie tot ʼn einde gekom het, sowat R6 571 000 spandeer om die UPS-batterye te vervang en weer te installeer.

Purchase het gesê die afgelope drie weke is nog 87 UPS-batterye, ter waarde van R124 000 by 15 kruisings gesteel. Die voorvalle het in Mitchells Plain, Kuilsrivier, Eersterivier, Athlone, Khayelitsha, Gordonsbaai, Bothasig, Stikland, Parow, Grassy Park en Airport Industria plaasgevind.

Sy het gesê die diefstal en skade van munisipale infrastruktuur is ʼn vermorsing van die stadsraad se hulpbronne in ʼn kritieke tyd waar die Covid-19-pandemie beveg word. “Ons kan nie bekostig om voortdurend gesteelde batterye by ons verkeersligte te vervang nie. Vandalisme en diefstal is onaanvaarbaar. Die UPS-batterye help ons om verkeersligte aan te hou wanneer daar beurtkrag is.”

Sy het gesê motoriste sal die las dra van die diefstal, omdat dit tot groter verkeersopeenhopings sal lei nou dat die verkeer toeneem.

Purchase doen ʼn beroep op die publiek om waaksaam te wees by verkeersligkruisings en enige inligting aan te meld wat owerhede kan help om diefstal te voorkom. Die handelsmerk “Vision and Royal” is op die UPS-batterye aangebring. Oortreders sal vervolg word kragtens die Wysigingswet op Geregtelike Aangeleenthede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Scalla ·

Peetman, hier by ons vang hul tot die ystervarke en probeer dit as skroot yster verkoop!!!

Nie Verbaas ·

Die mentaliteit is deur ANC gekweek. Plunder en verwoes.

Andre ·

Ag nee wat, as hulle dink daardie kassies gaan eiendom beskerm onder die huidige stelsel moet hulle maar die prys betaal.

Miskruier ·

Hier in limpopo is dit elektriese hek motor batterye. Dis lewensgevaarlik om te moet uitklim om jou hek oop te maak, dus het meerderheid boere n elektriese hek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.