Diefstal, vandalisme kos City Power miljoene

Werkers van City Power doen herstelwerk nadat kabeldiewe groot skade aangerig het. (Foto: City Power/Twitter)

City Power sê kabeldiefstal en vandalisme het hom in 2018-’19 nagenoeg R18 miljoen gekos – om nie eens te praat van die koste verbonde aan herstelwerk, asook die finansiële verliese wat gely word wanneer die krag afgaan nie.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, het gesê ʼn man het Donderdag boonop ernstige brandwonde opgedoen nadat hy glo ʼn substasie in Kiblerpark beskadig het. Die man het na bewering koperkabels probeer steel, toe die transformator ontplof en hy ernstige brandwonde opgedoen het.

Hy is na ʼn hospitaal vir behandeling geneem.

Die man het ernstige brandwonde opgedoen toe hy glo kabels wou steel.

City Power sê hy voer daagliks ʼn opdraande stryd teen kabeldiewe en vandalisme oor die hele stad.

Die Baragwanath-hospitaal in Soweto was die afgelope week ook ure lank sonder krag nadat kabels by ʼn substasie in die omgewing gesteel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Strandloper ·

Eina…dalk moes hy maar eerder houtwerk op skool gedoen het. Kyk net hoe rol die “mal”ematjie in die geld.

Mieke ·

Hierdie probleem gaan nie gou opgelos word nie – dit gaan gepaard met die anc se swak of geen bestuursvermoë met resultate soos werkloosheid , swak polisieëring en korrupsie, toename van inwoners vanaf buurstate, ens., ens. Dit lei natuurlik tot ‘n hele reeks ander probleme wat ook nie gou opgelos gaan word nie. Dit gaan my eenvoudig net te bowe hoe stadig die regering nog reageer op enige probleme – en dan nog boonop niks daaraan wil/kan doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.