Diefstalsaak teen aanklaer reg vir verhoor

(Argieffoto: Maroela Media)

ʼn Datum is vasgestel vir die diefstalverhoor van adv. Jeanette Nevelling (53), geskorste hoof van die spesiale handelmisdaadeenheid in Noordwes.

Die saak teen haar sal op 3 November voortgaan.

Nevelling het Maandag weer in die Molopo-landdroshof verskyn waar haar haar regsverteenwoordiger aan die hof gesê het hulle het ʼn brief aan die kantoor van die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) gestuur waarin hulle vra dat die verhoor nie voortgaan nie.

Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Noordwes, sê adv. Mashudu Mudau, wat van Limpopo vir die saak gesekondeer is om te verseker daar is geen botsing van belange nie, het aangedui dat die staat reg is vir verhoor, hangende die besluit van die NDOV.

Nevelling is in Februarie vanjaar vir beweerde winkeldiefstal by ʼn kleinhandelaar in die The Crossing-winkelsentrum in Mmabatho in hegtenis geneem.

“Sy het na bewering klere en kos ten bedrae van sowat R3 000 gesteel,” sê Mamothame.

Nevelling is vroeër op borgtog van R500 vrygelaat en bly geskors.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Swerwer

Hierdie maak glad nie sin nie.

Dries

As sy net 5 maande uitgehou het,kon sy plunder sonder nagevolge.

JohanR

En die ou verdien seker meer as een miljoen rand ‘n jaar! Maar hy is darem ANC materiaal.

SjN

Seker vergeet om te betaal, so dit gee hul 3 maande om te ondersoek voor die saak voortgaan, seker dan weer uitstel.