Dienslewering in Pretoria geraak deur betogings

Foto: Thobile Mathonsi/African News Agency (ANA)

Betogende munisipale werkers het Donderdag weer in die Pretoriase middestad betoog waartydens vragmotors aan die brand gesteek en rommel in die strate gegooi is.

Lede van die munisipale vakbond Samwu betoog oor ʼn loondispuut met die Tshwane-metro.

Volgens die metro het die betogings ʼn invloed op dienslewering en word basiese dienste soos die herstel van kragonderbrekings, riool, watermeters, pyplekkasies en afvalverwydering reeds geraak weens die voortdurende betogings.

Die Tshwane-metro het ook vroeër die week sy busdiens opgeskort weens die betogings. Chaos het Dinsdag by Tshwane-huis in die middestad uitgebreek. Munisipale werkers het glasrelings beskadig en rommel gestrooi. Die polisie het later ingegryp en die betogers uiteengejaag.

Mpho Nawa, hoofadministrateur van die metro, het die gedrag van Samwu-lede veroordeel. “Die reg om te staak is verskans in die Grondwet, maar niemand het die reg om die eiendom van die munisipaliteit te beskadig en die strate met rommel te bestrooi nie. Hierdie gedrag grens aan misdadigheid.”

Foto: Thobile Mathonsi/African News Agency (ANA)

Die munisipale vakbonde is ontevrede omdat die metro glo nie hou by ʼn beloofde loonverhoging van 6,5% nie. Volgens die metro is dit nie waar nie en gaan onderhandelings voort.

Nawa het gesê dit is reeds aan die vakbonde duidelik gemaak dat die stad se geldsake ʼn bron van kommer is.

“Ons vooruitskattings dui daarop dat die stad waarskynlik teen die einde van die 2020-’21-boekjaar ʼn tekort van R5 miljard sal hê indien niks verander nie, en sodoende die risiko loop om nie sy finansiële verpligtinge, waaronder salarisse, na te kom nie.”

Lebogang Maile, Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, het gesê hy het met kommer kennis van die situasie geneem.

Hy het die vakbonde versoek om hul onbeskermde staking op te skort en terug te keer na die onderhandelingstafel.

“Ons doen ʼn beroep op leiers van die vakbonde om hul lede te versoek om terug te keer werk toe en die onderhandelings ongestoord te laat voortgaan. Ons doen ook ʼn beroep op albei partye om in goeder trou te onderhandel.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Porseleintjie ·

As ek nie tevrede is nie, kom breek en brand saam my. Ons toi toi en strooi vuilgoed rond, want ons is mos kwaad. Wie in die wêreld is nog nie bewus van dié nasie se tantrums en plundery nie? Breek die krummels in die land nou maar heeltemal af. Volgende week brand jul weer oor dit wat julle afgebreek het en nou nie meer het nie, want dan is dit weer apartheid se skuld.

Kokerboom ·

Ek is soo kwaad. Ekt NIE woorde. Waar is die nuttelose SAPD? Hoe lank wil en gaan ons nog die die gemors en boewery aanvaar? Dit grens aan terrorisme. En….die belastingbetalers bly net stil????

Anoniem ·

Die regering luister nie na hul skenkers (belastingbetalers) nie.

henndrik ·

Die enigste manier hoe hierdie goed gestop gaan word is om die unies verantwoordelik te hou vir die skade en opruiming en die skuldiges moet in die pad gesteek word. Ek het geen probleem met vreedsame protes nie

Kokerboom ·

Die probleem is dat die boewe nie die word vreedsaam verstaan of wil verstaan, dat hul geleer is mens verwoes alles om dinge weer verniet te kry, dat hul NIKS sal oorkom, dat hul party dit kondoneer , dat die belastingbetaler bang is vir hul en dat geld aan bome groei.

Yolandie ·

Die land waar daar geen antwoording of aanspreeklikheid is van ons patetiese regering. Daar word net lee beloftes gemaak oor mense wat skuldig is wat aan die pen sal ry. Maar niemand word skuldig bevind en word toegesluit vir die nonsens nie. Instede daarvan word daar net kommissies gestig wat belasting betalers se geld gemors om alles bloot te stel……verder NIKS!!!! Die om van siek te raak. Dis hoekom dit so gaan……selfs die unies wat agter die verwoesting staan. Tyd om vir hulle die rekening te stuur want so kan dit darem nie aangaan nie.

Deon ·

Ek stem saam, stuur die rekening vir die unie, hulle is mos die lot wat die betoging lei

Deon ·

Dit grens nie aan misdadigheid nie, dit is misdaad!! Tyd dat ons n graaf n graaf begin noem.

Persheks Adri ·

GEEN wet en orde nie en dis al WEER our people wat als plunder en CR gaan dit los en sy kop weg draai! Maak my siek verby

Kerneels ·

Stuur ‘n rekening vir die skade en gemors aan die vakbond. As hulle nie betaal nie, le^ beslag op hul goed. As hulle nie genoeg goed het om die kostes te dek nie,verhaal dit van hul bankrekening waarin die maandelikse fooie betaal word.

Adeline ·

Wel ek wonner nou …….. As ‘n paar “Arrows” landwyd by korrupte munisipaliteite opstaan en die saps se werk oorneem of dit nie beter sal gaan nie met die leuse “You have failed this city/town/famers/country”.
Wonner hoeveel van die “Arrows” sal dan deur die korrupte spul, saps, anc & regerings amptenare gejag word …. wonner ernstig!!

Hennie ·

Maar laat werkers wat geen inkomste gehad het vir die afgelope maande ‘n vreedsame optog hou, word water kanonne en skok granate gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.