Diensleweringbetoging in Polokwane

Argieffoto: SAPA

Argieffoto: SAPA

Inwoners van die Mankweng en Thoka informele nedersettings naby Polokwane in Limpopo het Maandag paaie versper tydens ʼn gewelddadige betoging.

Die betogers het klippe, hout en brandende motorbande gebruik om die R71 tussen Polokwane en Tzaneen te versper. Die pad na die Universiteit van Limpopo in Turfloop en die pad na die Mankweng-landdroshof is ook versper.

Die polisie het met rubberkoeëls op die betogers losgebrand. Die betogers het daarop aangedring dat hulle krane by hulle huise kry in plaas daarvan om van gemeenskaplike krane hoef gebruik te maak. Diegene wat wel krane in hulle huise het, voer aan dat die rekeninge wat hulle ontvang nie akkuraat is nie.

“Hulle moet daardie skuld afskryf en van voor af met betroubare meters begin. Ons is meer as bereid om vir dienste te betaal want ons het vir dié regering gestem,” het Makama Malebana, ʼn gemeenskapsleier, gesê.

Volgens Malebana was hulle al telkemale met die munisipaliteit in gesprek maar het hulle nog geen bystand ontvang nie. Inwoners het sowat twee maande gelede ook betoog en daar is besluit om ʼn taakspan op die been te bring. Malebana het gesê die taakspan is nie doeltreffend nie en dit word slegs deur die munisipaliteit gebruik om inwoners stil te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.