Diensleweringbetogings in Malmesbury

Betogers in Malmesbury. Foto: @McDriesman/ Twitter

Betogers in Malmesbury. Foto: @McDriesman/ Twitter

‘n Video volg onderaan die berig.

Die polisie van Malmesbury in die Wes-Kaap is op hoë gereedheid geplaas nadat ʼn groep betogers van Wesbank en Ilingulethu Donderdagoggend verskeie besige strate in die dorp versper het.

Ao. Alvin Labans, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê betogers het teen 04:00 in die dorp begin saamdrom, en verskeie paaie met brandende bande versper. Daar is ook klippe na verbygaande voertuie gegooi.

“Die inwoners betoog oor dienslewering,” het Labans gesê. Hy het gesê die situasie het kalmeer nadat gemeenskapsleiers en staatsamptenare die betogers toegespreek het. “Die gemeenskapsleiers en raadslede is nog besig met gesprekke agter geslote deure by die munisipale kantoor. Ons weet nie hoe lank die vergaderings gaan voortduur nie. Die polisie is egter op die toneel by die kantoor waar die skare nog saamdrom.”

Niemand is tot dusver in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Plaaslike winkels om die munisipale gebou is toegemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.