Die Stad Johannesburg se Jabuvu-kliëntedienssentrum in Soweto is beskadig toe ʼn brandende motorband en twee petrolbomme in een van die kantore in gegooi is.
Funzela Ngobeni, burgemeesterskomiteelid vir finansies, sê skade is net aan die binnekant van een kantoor aangerig. Die sentrum se bestuur het gesê die voorval het Donderdagaand plaasgevind ná ʼn reeks Eskom-verwante kragonderbrekings in die gebied.
“Geen werknemers of inwoners is tydens die aanval beseer nie. Ons is besig om maatreëls in te tref om te verseker dat bedrywighede by die sentrum voortgaan,” het Ngobeni gesê.
Hy het namens die Stad die voorval ten sterkste veroordeel en gesê daar sal seker gemaak word dat die skuldiges aan die pen ry. “Hoewel die gemeenskap volle reg het om gegrief te wees weens die swak dienslewering deur die nasionale kragvoorsiener, is sulke aksies ongeregverdig omdat dit ʼn impak op die gemeenskap het en hulle van toegang tot basiese munisipale dienste ontneem.”
Ngobeni het gesê die stad het reeds bykomende sekuriteit, insluitend Johannesburgse Metropolisielede, in en om die sentrum ontplooi.
Sake van brandstigting en opsetlike saakbeskadiging is by die polisie aanhangig gemaak.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Die dag wat ek so bevoorreg is om ‘n petrolbom in die eienaar se hande stukkend te skiet, koop ek vir my die beste bottel whisky en geniet elke druppel.
Hou net doodeenvoudig op om gebrande geboue te herstel! As die gemeenskap n skool, polisiestasie of openbare gebou afbrand, het hulle duidelik nie hierdie fasiliteite nodig nie. Onregverdig? Dalk. Maar genoeg is nou genoeg. Hulle moet maar op die harde manier leer!
Hul leer ongelukkig op die sagte manier waar die slaagsyfer 30% is. Dus leer 70% gladnie oor die resultant van die bollie wat hul aanjaag!!!
“net skade aan die binnekant”
ons raak al gewoon aan hierdie voorvalle…
Waarheen is die land op pad? Die kultuur van” als vir niks kry” is hier om te bly.
En die Soweto skuld Eskom biljoene aan onbetaalde krag.
En die volgende episode gaan die grondgrype word….
Ek gaan ook my huis afbrand as my vrou vergeet het om krag te koop…..maak nie saak hoe ek hul optreede benader of probeer verstaan nie….dit grens telkens aan kranksinigheid