Diere gered ná brand by Onderstepoort

Voer wat aan die brand gesteek is. Foto: Verskaf

Talle studente van die Universiteit van Pretoria (UP) asook dokters, dosente en verpleegsters by Onderstepoort Veterinêre Akademiese Hospitaal in die noorde van die Pretoria, se vinnige optrede het talle diere se lewe gered toe betogers glo brande by die instelling gestig het.

Die voorval kom te midde van ʼn weeklange staking van Nehawu-lede by die universiteit se hoofkampus in Hatfield. Die lede eis ʼn salarisverhoging van 8%, meer keuses vir ’n mediese skema en ’n jaarlikse bonus.

“Ons het Vrydag van studentelede verneem dat die voerstore aan die brand gesteek is, vermoedelik deur werkers wat aan die staking deelneem,” het Julius Landman, AfriForum Jeug se Tuks-koördineerder, Saterdag aan Maroela Media gesê.

“Ons het dadelik die nooddienste per selfoon ontbied want daar was glo tegniese probleme met die tweerigtingradiostelsel by Onderstepoort. Ek het later beeldmateriaal gesien wat van die studente geneem het en wat ek gesien het, het my hoendervleis gegee.”

Landman verduidelik een van sy vriende was omstreeks 10:30 besig om ʼn biopsie te doen toe die brande opgemerk is. “Die studente en personeel het dadelik almal saamgekom en onmiddellik geweet wat om te doen terwyl hulle gewag het vir hulp om op te daag. Dosente, dokters, studente en personeel het almal ingespring en dadelik begin vure blus terwyl ander rondgehardloop het om al die diere, veral perde, van die vlamme te red. Al die diere is na veilige gebiede gelei sodat hulle nie kon rook inasem nie. Ons kan met trots sê dat geen diere of mense beseer is nie. Dit was wonderlik om te sien hoe almal saamgewerk het.”

Landman het gesê dit is nie duidelik wie, of hoeveel mense die brand gestig het, of hoe hulle toegang tot die perseel gekry het nie. “Dit is alles deel van die tegniese vrae wat ons aan die universiteit sal rig.”

Rikus Delport, woordvoerder van die UP, het aan Maroela Media bevestig dat geen mens of dier in die voorval beseer is nie.

“Die voorval word ondersoek. Die universiteit beskik oor bewyse wat bestudeer word en ons het ʼn goeie idee dat die brande deur Nehawu-lede gestig is,” het Delport gesê. Hy het gesê die bewyse sal aan die polisie oorhandig word om die skuldiges aan te keer en te vervolg. Die universiteit sal ook tugstappe teen die betrokke werkers instel.

Volgens Delport is hoofsaaklik net voer vernietig hoewel die omvang van die skade nog bepaal moet word.

Nehawu het hom intussen van die voorval gedistansieer.

Studente help die brande blus. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

pieter ·

Soos gewoontlik het hulle niks verkeerd gedoen nie. Jan van Riebeeck of apartheid het die vure gestig..

Wonder ·

Pieter, ek dink dis meer ‘n geval van Shaka Zulu of Dingaan se skuld, hehe

Maya Roon Joubert ·

My sentiment presies en ek wonder of die brand stigters ooit beboet word of geskors word om ooit weer te mag studeer tot laat hy sy skade betaal – wil alles verniet hê en dink dis hul reg om intussen te vernietig nes hulle wil! Maak mens rêrig moedeloos!

pieterdp ·

Ja nou sal die staad weer bak hand staan by die boere vir kos vir die dure. Kan die gemors van n klomp mense nie begin beskaaf raak nie????

Anoniem ·

Niemand hoef bakhand te staan nie. Ons boere het immers harte en sal aan die diere eerder as die boosaards se dade dink?

Hein Griesel ·

Nehawu moet die koste betaal dit is hulle stakers as dit altyd gevolg van jou lede se dade is sal jy beter beheer toepas.

Beatrix ·

Ons mag tog net niks se nie want dan is ons rassisties Maar in my binnenste kook dit oor die idiote sonder breinselle

LMF ·

Jip ek net iets oor nkandla gesê en my kommetaar is verwyder

Cherokee ·

Vergeet dit Maroela, om my uit te nooi om kommentaar te lewer. Jul uitnodiging is net spot van julle sal dit buitendien nie plaas nie. Nie as ek eerlike opinie lewer nie. Julle sal dit net plaas as ek flikflooi om julle happy te maak. So, hierdie berig gaan sònder ‘n Cherokee-kommentaar.

Retha ·

Trots op ons studente en dosente wat hierdie situasie gered het. Julle harte sit op die regte plek!

Hendrik ·

ai. wanneer sal die fandalistiese betoges ooit verstaan dat hul optrede geensins opbouend is nie

Elna ·

En wat het die brandstigters nou bereik? Wrede, barbaarse optredes en dit teenoor weerlose diere…. Dankie aan elke persoon wat dier en mens gehelp het.

Janie Monsieur ·

Dagsê Leser,
Dankie vir ou valkoog! Die berig is gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Theresa B ·

Breinlose idiote!! Hulle voel niks vir enige lewe nie. Al wat saak maak is hulself. Baie dankie vir almal wat die diere gered het. Mag julle Geseën word. Niemand verdien om so dood te gaan nie. Ek is so bly vir die diere. Ek kan net indink hoe verskrik hulle moes gewees het.

Willie ·

Ongevoeligge gemors… dank die klomp sumier af… Lafhartige optrede teen weerlosses…

Koebaai Meraai ·

HOE DINK MENSE WAT ‘N PLEK AAN DIE BRAND STEEK EN ONSKULDIGE MENSE en DIERE WIL LAAT LY, dat dit hulle ‘n 8% verhoging gaan kry daardeur? DANK HULLE onmiddellikAF en kry klaar, duidelik was dit NIE ‘n NEHAWU gereelde optog of protesaksie nie. Mense in SA is ondankbaar. Ons het ‘n huge werkloosheidsyfer en nes die spul werk het dan STAAK hulle of steek plekke aan die brand. As jy nie hou van jou salaris of jou verhoging nie, BEDANK en gaan soek ander werk, lyk my julle dink daar is nog baie werk daarbuite . KRY VIR JULLE!! KLA ook asb die BRANDSTIGTERS aan want sover my kennis strek is BRANDSTIGTING nogsteeds ‘n kriminele oortreding of het dit verander?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.