Diere uit oorstroomde hokke in KZN gered

Die Umgeni-rivier het weens swaar reën oorgeloop en tot oorstromings by die Springfield-dierebeskermingsvereniging gelei.

Ernstige oorstromings by die Springfield-dierebeskermingsvereniging (DBV) in KwaZulu-Natal het daartoe gelei dat diere Dinsdag in die vroeë oggendure uit hul hokke gered moes word.

Luidens ’n kennisgewing op dié DBV se Facebook-blad is die oorstromings deur ’n oorloop van die Umgeni-rivier veroorsaak.

“Dit het tot gevolg gehad dat nooddienspersoneel 02:00 reddingsoperasies moes uitvoer.

Die Umgeni-rivier het weens swaar reën oorgeloop en tot oorstromings by die Springfield-dierebeskermingsvereniging gelei.

“Diere is veilig van oorstroomde hokke na droë, veilige hokke verskuif. Danksy hierdie dapper personeellede is geen diere beseer nie.”

Die DBV is tans sonder kragtoevoer en het dringend droë komberse en kos vir hul diere nodig. Die DBV se kliniek en winkels sal ook tydelik gesluit wees.

Skenkings kan by die DBV by Willowfieldsingel 2 in Springfieldpark of Edgelyweg 127 in Parkhill afgelaai word. Skenkings kan ook by www.spcadbn.org.za/donate.php gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Friedrich ·

En as die diere in die natuur was sou daar nie ‘n probleem wees nie!!

Michele ·

Friedrich jy het seker nou nie mooi gedink nie. So honde en katte en huis diere wat by SPCA is moet is die natuur wees?

Feite ·

Ja Friedrich, ek is seker die arme honde en katte sou droog en gevoer gewees het in die natuur!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.