Diereliefhebber deur leeus doodgebyt

Swane van Wyk (Foto: Facebook)

’n Jong vrou is vandeesweek deur leeus by ’n private wildreservaat buite Bela-Bela in Limpopo doodgebyt.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het Donderdag omstreeks 17:00 plaasgevind.

Ngoepe het die vrou as die 21-jarige Swane van Wyk geïdentifiseer. Sy het by die wildreservaat gewoon en werk.

Medelye stroom intussen in op sosiale media. “My hart is seer om vandag te hoor dat Swane nie meer met ons is nie. Jy het soveel potensiaal gehad en het werklik geniet wat jy gedoen het, tot die einde,” skryf ’n vriend op Facebook.

Swane van Wyk (Foto: Facebook)

“Geniet die laaste slukkie, waardeer die laaste stukkie en onthou elke oomblik,” het Swane vroeër op haar eie Facebook-blad geskryf.

’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

MammaVan Mayville ·

Bitter jammer om te hoor, maar ‘n wilde dier bly ‘n wilde dier.

Cherokee ·

Hartseer storie. Daar is baie van die jong mense wat graag met diere werk. Ek ken van hulle wat dolfyne oplei, en dit is vir hulle ‘n roeping. Dit kon een verkeerde beweging gewees het. Miskien geskrik en gehardloop. So jammer dat dit gebeur het.

msp ·

Dis so hartseer, my megevoel aan haar geliefdes, hulle offer selfs hul lewens op vir diere, ek sou haar ń heldin genoem het. Ek ken daai gevoel om diere lief te hê en om hulle te help. Wilde diere verstaan nie altyd soos wat die mens dit sien nie en sulke ongelukkig kan en het al gebeur. Ek sal nie ophou om op te staan vir diere nie en ek waardeer elke mens wat bereid is om hul lewens op offer om na hul welsyn om te sien. Rus in vrede liewe mens, dis jammer dat jy ons almal nou in jou jeug moes verlaat het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.