Dieretuin doen stappe om voëlgriep te beheer

Een van die flaminke by die NZG. Foto: NZG.

Verskeie voorkomende maatreëls is by die Nasionale Dieretuin in Pretoria ingestel nadat ʼn uitbreking van voëlgriep onlangs in gebiede naby Pretoria aangemeld is.

Só sê Graig Allenby, woordvoerder van die dieretuin.

Volgens Allenby is daar nog geen gevalle van voëlgriep in die dieretuin aangemeld nie.

Hy het egter bygevoeg dat daar rede tot kommer is en daarom het die dieretuin sy bio-veiligheidsmaatreëls opgeskerp.

“Ons het die bedreigde voëlspesies soos die kraanvoëls na bedekte hokke geskuif om te voorkom dat hulle in kontak kom met wilde voëlspesies,” het Allenby gesê.

Die dieretuin is volgens Allenby ook besig om reëlings te tref vir ekstra bedekkings waar binnehuise hokke nie beskikbaar is nie om te voorkom dat ander voëlspesies ook nie met wilde voëls kontak het nie.

“Alle voertuie wat die dieretuin binnegaan word met ʼn ontsmettingsmiddel behandel om te verhoed dat die virus die dieretuin binnekom.”

Allenby het bygevoeg dat ontsmettingsmiddels by die ingang van die dieretuin geplaas is.

Hy het benadruk dat  die onsmettingsmiddel nie skadelik is vir mense nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann ·

Hoe het die siekte in SA so erg so vinnig versprei? Of os dit maar net nog een van die vele eens onder beheer siektes wat danksy n ANC LEGACY van incompetancy en leeg gesteeldenavorsings fondse; SA met gemak verwoes?

Eish ·

Heeltemal korrek. Lees bietjie op hoe het Onderstepoort verval die laaste 23 jaar. Kundiges is bitter yl gesaai daar. Politiek het almal die has pad laat vat.

Eish ·

Heeltemal korrek. Lees bietjie op hoe het Onderstepoort verval die laaste 23 jaar. Kundiges is bitter yl gesaai daar. Politiek het almal die hase pad laat vat.

Boet Fasie ·

Die probleem is dat daar te veel voels met griep is en te min geld vir navorsing. Die skatkis is leeg na hulle SAL moes help om te vlieg so niks oor vir die voels.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.