Dieretuin-staking: Stakers rand werkers aan

Die Nasionale Dieretuin in Pretoria se kabelkarretjie. Foto: Phillip Bruwer

Sommige werkers wat die naweek te midde van die skoolvakansie op ʼn staking by die Nasionale Dieretuin in Pretoria gegaan het, het Maandag hul protesaksie voortgesit.

Craig Allenby, woordvoerder van die dieretuin, het gesê stakende werkers het Maandag nie-stakende werkers aangerand. “Hulle het ook nie-stakende werkers geïntimideer en verhoed om op die perseel in te kom. Daar was ook sake van beskadiging aan eiendom aangemeld en vullis is by die dieretuin se ingang gestort,” het Allenby gesê.

“Die bestuur van die dieretuin wil inwoners gerusstel dat die beste gedoen word om die welstand van die diere en die veiligheid van ons besoekers te verseker.” Allenby het gesê daar is ʼn beperkte impak op besoekers en bedrywighede in die dieretuin.

Die dieretuin het ʼn beroep op die publiek gedoen om tydens die staking geduldig te wees.

Personeellede wat verbonde is aan die National Trade Union Congress (NTUC) het Saterdag om 12:00 begin staak. Die dispuut hou verband met ʼn ooreenkoms wat in 2009 onderteken is tussen die dieretuin en verskeie vakbonde wat betref ʼn sewedag-werkweek. NTUC eis nou dat dié ooreenkoms gekanselleer word en dat werknemers oortydbetaling moet ontvang wanneer hulle oor naweke werk.

Kragtens die ondertekende ooreenkoms word Saterdae beskou as normale werkdag en werknemers ontvang oortydbetaling vir Sondae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Basson ·

UUUUUm ek sal naweke da gaan werk ….verniet.Ek love diere.

Jeannette ·

“Fire” die stakendes almal, jaag hul oor die grense terug, gee ‘n bonus aan die nie-stakendes en stel van die honderde werkloses wat so werk soek, aan.

Lientjie ·

Ek sal enige tyd gaan help naweke. Maak die leeu hokke oop!

henk ·

As ek iemand aanrand,of opsetlik saak beskadiging pleeg,word ek toegesluit en vervolg,gebeur dit met die mense?Omstandighede is nie veronderstel om n verskil te maak.

Michael ·

Ek stem gee die wat wil werk die geleendheid en verplaas die moeilikheidmakers na vullisverwydering.

Hans ·

Hoekom beskerm die polisie nie die werkers wat wil werk nie. Is kriminele klagtes teen die skade aanrigters gelè en disiplinère stappe teen die betrokkenes gelè-of gaan dit om politiek korrekte redes nie gedoen word nie.

Stemmit ·

Ek dink eerlikwaar hul eise met die is nie te ver gesorg nie, by ons en vele meer companies betaal 1.5 Saterdae en 2 op Sondae, en dis vir n paycheck grooter as die van die dieretuin werkers. Snaaks hoe baie nou tik dat hulle sal gaan werk ens, asseblief, wie probeer jy flous, julle help dan nie eens op die charity dae daar nie.

Jan ·

Die grootste euwel in die werkplek vandag, was nog altyd, is dat wetgewing staking as protes deur vakbonde goedkeur. Mens sal elke keer as daar op enige plek gestaak word, interdikte teen die stakers moet bekom om nie die nie-stakers te verhoed om hul regte uit te oefen nie.

Maar Prof Nic, dit wat julle as wetgewing in 1979 aanbeveel het, werk nie, ten minste is daar geen genoegsame polisieering om te sorg dat die nie-stakers hul regte kan uitoefen nie, ook ontbreek die gewilligheid daaraan.

Oral en altyd en elke keer.

En die realiteit is as bv 1000 werkers staak en daar is 20 polisiemanne om te waak, wat de duiwel is die kans dat dit in die praktyk kan werk. Al kry mens vooraf interdik teen die stakers. Kan iemand my aub op hierdie een antwoord. Ek vra met trane in my oë.

SE MAAR NET ·

Wie gee die diere kos terwyl hul staak? Moet die arme diere nou honger lei tot hul klaar gestaak het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.