’n Studie oor die invloed van dieseldampe op die reuk van blomme wat deur heuningbye besoek word, het gewys dat dié gasse, wat van motors, vragmotors en kragstasies afkomstig is, die reuk van plante só verander dat dit bye op ’n dwaalspoor laat.
Navorsers van die Universiteit van Southampton, het bevind dat sommige voedselbedrywe deur hierdie verskynsel bedreig kan word, aangesien die bye hoofsaaklik op hul reuksintuig staatmaak om blomme vir nektar (en gevolglik bestuiwing) te besoek. Die dieseldampe wysig die reuk van die plant só drasties dat die bye die blomme in sommige gevalle glad nie eers kan opspoor nie. Dit belemmer dan die bestuiwing van die plante, wat die aanwas daarvan kan laat verminder.
Luidens die studie, wat in die Nature Scientific Reports-joernaal bekendgestel is, is nagenoeg 35% van die wêreld se voedselgewasse van bestuiwing deur bye afhanklik. Die studie het ook bevind dat bye se voortbestaan ook deur die gasse bedreig word, aangesien die bye minder nektar kan opspoor om na hul nes te neem.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
En die mensdom stoomroller voort, ten koste van die natuur.