Dieseldiewe op heterdaad betrap

(Foto verskaf deur Stad Kaapstad)

Vier verdagtes is Maandagoggend in Parow, Kaapstad deur verkeersbeamptes op heterdaad betrap waar hulle diesel uit ʼn vragmotor getap het. Die vragmotorbestuurder het in die voertuig lê en slaap.

Verkeersbeamptes het omstreeks 04:10 op die toneel afgekom. Hulle het ongeveer 125 liter diesel uit die voertuig getap.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê die vier mans, onderskeidelik 26, 28, 31 en 39 jaar oud, is in hegtenis geneem en na Parow-polisiestasie geneem. Beamptes het beslag gelê op dromme en pype wat gebruik is om die diesel mee te steel. Hulle het ook ʼn Toyota Quantum geskut wat deur die verdagtes gebruik is. Dié voertuig se nommerplate is verwyder.

“Terwyl die ‘opvul en wegjaag’-fenomeen nie nuut is nie, is dié tipe voorval iets nuut. Dit was uiters opportunisties en ʼn gevaarlike ding om te doen. Selfs al het die verdagtes weggekom, sou dit baie gevaarlik gewees het om met soveel brandstof in tydelike houers te reis.”

Smith sê die motief vir die diefstal is nog nie bekend nie, maar dit is waarskynlik die koste van brandstof wat die diewe aangespoor het.

“Gelukkig het die vragmotorbestuurder nie iets oorgekom nie. In die lig van hierdie voorval doen ons egter ʼn beroep op die vragmotorbedryf en motoriste oor die algemeen, om te alle tye waaksaam te wees.”

Kaapstad se verkeersdienste het die afgelope week 110 motoriste in hegtenis geneem – 94 vir dronkbestuur en 16 vir roekelose of nalatige bestuur. Altesaam 67 047 verkeersoortredings is aangeteken. Altesaam 159 openbare vervoer-voertuie is geskut en 1 637 lasbriewe vir inhegtenisneming is uitgevoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Frank ·

Daar moet STRENG wetgewing daarteen kom. Maar EERS moet die oortreding op die wetboeke verskyn….

Stephen ·

Suid Afrika is so in sy maai. Dit sal heeltemal onmoontlik wees vir enige party om die gemors reg te maak waarin die ANC die land gedompel het.

Hasie ·

Wens Alle polisie eenhede Wil so wakker skrik. Die kriminele Moet kry wat hul toekom.

madels ·

Die probleem is, as hierdie vragmotor bestuurder waaksaam was, was hy nou dood. Ek is bly hy het geslaap, dit het dalk sy lewe gespaar. Diewe is gewetenloos, hulle moor en plunder net waar hul kan. Baie bly vir hierdie geval waar die polisie waaksaam was en vinnig opgetree het.

Chris ·

Afgas? Gedink die vragmotors ry op diesel? “Selfs al het die verdagtes weggekom, sou dit baie gevaarlik gewees het om met soveel brandstof in tydelike houers te reis.”

Swerwer ·

Van wanneer af word daar nou skielik na veiligheid gekyk wanneer diefstal gepleeg word? Hierdie kommunistiese ekonomiese vryheidsvegters gee nie ‘n duit om nie.

Miena ·

Ek se nie dit is hier die geval nie – maar kan die vragmotor bestuurders nie in wees op die hele storie ook nie? Ek meen daar is talle veilige oornag-stop geriewe vir vragmotors en bestuurders – hoekom het hierdie ou nou juis op n ander plek gaan stop en slaap?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.