Dieselfde trein brand Donderdag wéér

Foto: City of Cape Town Fire

Nog ʼn treintrok in Kaapstad is verwoes tydens ʼn brand Donderdagoggend, en volgens Metrorail is dit as gevolg van brandstigting.

Riana Scott, woordvoerder van Metrorail, het bevestig die polisie het ʼn verdagte in hegtenis geneem nadat treinwaens Woensdagaand by Koelenhof-stasie aan die brand gesteek is. Dieselfde trein, wat by Metrorail se Koeberg-depot parkeer gestaan het, het weer opgevlam.

Sy het gesê die brand sal nie enige dienslewering beïnvloed nie.

Theo Layne, woordvoerder van die Stad Kaapstad se brand- en reddingsdiens het gesê brandbestryders het Donderdagoggend omstreeks 11:00 reageer op nuus oor die brand by die Koeberg-depot. “Dit het brandbestryders net meer as ʼn uur geneem om dit te blus.”

Verskeie trokke van twee treine is Maandag by Kaapstad-stasie aan die brand gesteek toe pendelaars betoog het oor groot vertragings. Winkels by die stasie is ook geplunder en verwoes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Adri ·

Hoewel ek eintlik saamstem met die woordkeuse, dwing my gewete my om te noem dat trokke gebruik word om goedere in te vervoer terwyl mense in waens vervoer word.

André ·

Trokke word gebruik om diere, goedere ens. te vervoer. Waens of Rytuie word gebruik om mense te vervoer.

MissDemeanor ·

Ek vind dit ietwat ironies dat die feit dat treinwaens verbrand is geensins die “dienslewering” gaan beinvloed nie.

Frederik ·

Yes, Miss. Elke keer as daar ‘n klomp passasierswaens verbrand word, of ‘n klomp ontspoor, word dieselfde refrein herhaal, naamlik dat dit nie dienslewering gaan beïnvloed nie. Die enigste afleiding wat hierdeur gemaak kan word, is dat daar in elk geval geen dienslewering is nie. Die brandstigters het dus rede tot woede.

Danie ·

Ek is nie een vir “conspiricy theories” nie, maar ek vermoed die anc of eff sit hier agter om die mense gatvol te maak vir die DA.

Pieterlewismuts ·

Hoe het hulle gedink gaan trein vertraging verminderde as hulle die trein aan die brand steek.
O ja, as trein verbrand word DAN SAL diens leering op geskep word, ek het skoon vergeet dat dit is hoe dit werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.