Dieselprys daal, maar petrol gaan jou meer kos

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Erik Mclean/Unsplash)

Die departement van minerale hulpbronne en energie het goeie én slegte nuus vir motoriste: ’n Tenk diesel word vanaand om middernag nóg goedkoper, maar ʼn tenk petrol gaan jou meer geld uit die sak jaag.

Die departement het Dinsdag aangekondig dat die prys van albei grade petrol Woensdag met 37c per liter sal styg.

Die prys van diesel met ʼn swaelinhoud van 0,05% daal met 74c per liter, terwyl diesel met ʼn swaelinhoud van 0,005% met 48c per liter goedkoper sal word.

Verbruikers sal van Woensdag ook 33 sent minder vir paraffien betaal, terwyl gas R4,44/kg goedkoper word.

Die departement sê die gemiddelde internasionale produkprys vir petrol het die afgelope maand gestyg terwyl die prys van diesel en paraffien gedaal het.

Die rand het ook die afgelope maand teen gemiddeld R18,13 teenoor die dollar verhandel, vergeleke met die gemiddelde R18,30 van die vorige maand.

Dit het gelei tot ʼn laer bydrae tot die basiese brandstofprys van petrol, diesel en paraffien met onderskeidelik 12,25 c/l, 11,52c/l en 11,62 c/l.

Die veranderings beteken dat motoriste in die binneland van Woensdag R23,34 per liter vir 95-oktaan-petrol sal opdok en R22,62 aan die kus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Frank ·

Brent ru-olie het nie gestyg nie. Dis het gedaal vanaf omtrent USD81 na die huidige 75. Ek kan vir die departement ‘n grafiek aanheg as hulle belangstel (en nie goed uit hulle duime suig nie).

Pierre ·

druk die laaste druppel uit die land se mense uit, stelselmatige plan om almal te verander

Lourens ·

Kan iemand vir ons verduidelik waarom petrol en diesel se prysveranderinge nie in dieselfde rigting is nie? Hulle kom tog uit dieselfde olie?

Oom Jaap ·

Die berekening gebruik meer veranderlikes as net die wisselkoers en olieprys.
Diesel se prys word ook sterk beinvloed deur vraag en aanbod. Dit is ook so in ander lande.
Indien alle brandstof deur Sasol vervaardig was, sou dinge baie eenvoudiger wees.

Groen Ghoen ·

Bedank die sinnelose oorlog wat Biden met Rusland voer vir hierdie gemors. Indiese en Chinese raffineerders koop ru-olie by Rusland aan, verwerk dit en verkoop weer aan Europese invoerders teen vet winste. Wat ‘n absurde geklikheid. Waarom koop ons nie direk ru-olie, diesel en petrol by Rusland aan nie? Laat Amerika en Europa hul eie oorlog veg. Oooooo ja…. ons raffineringsaanlegte bestaan nie meer nie. Dan hoes en proes ons maar so aan.

Papsak ·

Due vader weet hulle druk die laaste druppel uit my uit ek kan nie meer by hou nie

Papsak ·

Julle as die regering maak ons dood regtig bring bietjie petrol en kos pryse ook af asb moenie net aan julle en julle gesinne dink nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.