Dieselprys gevaar vir voedselsekerheid

Argieffoto (Foto; Maroela Media)

Met die soveelste groot dieselprys verhoging om die draai, raak voedselsekerheid problematies. Die hoë dieselprys het hoë insetkostes tot gevolg en daarmee saam hoë voedselpryse.

Met die mees onlangse verhoging in die dieselprys betaal verbruikers reeds meer as R8 as wat die prys verlede jaar die tyd was. En dit is nog voor die verhoging van meer as R1 wat in November verwag word. Die nuwe plantseisoen het onlangs aangebreek en die reeds uitermate hoë insetkostes waarmee boere te doen, is nou nog hoër.

“Selfs met die 10c en 15c per liter-verhogings was die dieselprys reeds ’n reuse-uitdaging vir boere,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. “Dit gaan oor vraag en aanbod – daar is ʼn geweldige hoë vraag na diesel en wêreldwyd sit ons met energiekrisis. Die Europese winter het pas begin en daar is reeds ʼn groot tekort aan gas.”

Boere se insetkostes sluit onder andere saad, kunsmis, kalk, brandstof, onkruid- en plaagdoder, versekering, prysverskansing, elektrisiteit en instandhoudingskostes in.

“Die verhoging van die brandstofprys moet in konteks geplaas word,” sê Erika Helm, TLU SA Plaaslike Regering. “Dit het direk ’n invloed op verskeie faktore en só verhoog die kostes van byna elke item in die ketting van noodsaaklike oorlewingshulpmiddels. Die kostes verhoog dan ook vir die landbouer. Met die huidige pryse wat die boer op die mark kry, is dit ’n uiters ernstige saak, aangesien daar boere is wat produkte tans weggooi omdat dit ekonomies nie bemarkbaar is nie. Die swak pryse word natuurlik veroorsaak deur die swak kopersmark wat finansieel sy geld slegs vir noodsaaklikhede moet gebruik, aangesien daar nie finansiële vermoëns is om elke dag ’n gesonde bord kos te kan bekostig nie.”

Hierdie rimpeleffek gaan nie nou sigbaar wees nie, maar daar moet in ag geneem word dat indien die boer nie ʼn wins maak nie, hy met die volgende aanplantings nie dieselfde as die huidige jaar kan onderneem nie. Die banke is boonop ook huiwerig om lenings te voorsien weens onteieningsaksies wat onsekerheid veroorsaak.

“Dit beteken in werklikheid dat daar ʼn vooruitsig is vir ʼn ernstige afname in toekomstige aanplantings en dit sal ’n voedseltekort veroorsaak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Christine ·

Hierdie is nog ‘n aanval op boere en voedselsekerheid.

Laksman ·

Nie heeltemal seker of die boere al is wat die slag absorbeer nie…….dan sou voedsel pryse nie die hoogte in geskiet het nie. Dis maar die man op straat wat die pak moet vat.

DJ ·

Die regering kan die heffings op diesel afskaf wat kos produksie en die vervoer daarvan goedkoper sal maak.

Porseleintjie ·

Covid is nou ou nuus en hy sy doel gedien. Wat is vlg? ‘n Hongersnood?

Danie ·

Nou kyk, elke keer as brandstog styg word daar dieselfde gese, en dis dat dit n bedreiging inhou, dat dit die armes die ergste gaan raak, dat die gewone man nie meer kan by hou nie en en en. Die feit bly dat niemand daar bo omgee nie. Dt traak hulle nie want hulle het nie n eerds amper n idee hoe dit ons beinvloed nie want hulle betaal nie hul eie brandstof nie.

Chris ·

Diesel? Wat van Eskom wat die besproeiingsboere se kans om al hul sirkels te plant belemmer? Die boer se pompe, lyne en infrastruktuur is gebou met die gedagte dat daar heeldag krag gaan wees – hul infrastruktuur en onsekerheid rakende krag laat dit bloot nie toe om met die onsekerheid rakende krag en die enorme insetkoste ten volle te boer nie. Ons het hier te doen met “Domestic Terrorism”. Indien die boere nie kan plant kan hul nie hul finansiele verpligtinge nakom nie – geleentheid vir finasiele grond-plundering – Ramaphosa het in 2018 aangedui dat dit hul plan sal wees met sy SON toespraak. Kissinger aanhaling ” Control the food, you control the people”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.