Dieselverhoging gaan hard slaan

(Grafika: pixabay)

Vandeesweek se verlaging in die prys van petrol is goeie nuus, maar die Automobiel-Assosiasie (AA) sê die beduidende styging in die prys van diesel en paraffien gaan ʼn noemenswaardige uitwerking op lewenskoste in Suid-Afrika hê.

Die prys van petrol daal Dinsdag om middernag met 12 sent per liter, maar diesel sal voortaan tussen 92c/liter en 98c/liter duurder word. Die prys van paraffien verhoog met sowat 79 sent.

“Natuurlik is die daling in die petrolprys welkom; dit gaan op kort termyn ʼn mate van verligting bring. Wat wel kommer wek, is die skerp styging in die prys van diesel en paraffien wat ongetwyfeld groter finansiële druk op miljoene Suid-Afrikaners gaan plaas wat reeds sukkel om kop bo water te hou,” sê die AA.

Volgens die departement van minerale bronne en energiesake het die gemiddelde internasionale prys van petrol gedaal, terwyl dié van diesel en paraffien gestyg het. Daar is steeds minder uitvoere uit Rusland – wat nog in ʼn oorlog met Oekraïne gewikkel is – terwyl voorraadvlakke laag bly.

In Suid-Afrika lê die winter voor en paraffien word gebruik nie net vir kosmaak en beligting nie, maar ook vir verhitting.

Die styging in die dieselprys gaan ʼn groot uitwerking op die ekonomie hê, omdat diesel ʼn groot gedeelte van die insetkoste in die vervaardiging-, padvrag-, landbou- en mynbedryf beslaan – en dié insetkoste gaan na die verbruiker aangegee word.

Die AA sê die verligting wat ʼn verlaging in die brandstofheffing in Februarie gebring het, help minstens om die uitwerking te versag, maar ʼn meer permanente oplossing moet gevind word.

“Die regering het korttermynverligting deur die verlaging in die algemene brandstofheffing gebied, maar dit eindig aan die einde van die maand. Indien die heffing na sy vasgestelde koers terugkeer, gaan dit nog R1,50/liter by die prys van petrol en brandstof voeg en die pryse veel hoër opstoot.

“Die vraag is nou hoe die regering die brandstofprys in die toekoms gaan hanteer en hoe daar uiteindelik volhoubare verligting vir Suid-Afrikaanse verbruikers gaan kom,” sê die AA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johan ·

Solank as wat ons regering uit hul pad gaan om die ekonomie te breek gaan dit net aanhou slegter gaan. Eks net bly hul probeer uit die Öekraine sanksies bly, maar ek twyfel of dit ons enigsins gaan help, die weste se swakheid kos ons nou duur.

HJvdb ·

Ek wonder of ons ooit weer uit die gemors sal kom, ek hoop so ons kan die regeering vervang met iemand wat die land uit die gemors kan kry.

Papsak ·

Ja mens weet nie of ons ooit weer uit hierdie gemors gaan kom nie ek glo nie nie gou nie dalk nooit nie

Renier johannes ·

Dankie anc julle het die gawe om alles op te mors

Christine ·

Renier, jy moet net onthou dat brandstofpryse in alle lande skerp gestyg het. Vriende in Kanada en UK sê dat hulle pryse word weekliks opgesit, nie maandeliks nie, en hulle betaal reeds heelwat duurder vir brandstof as ons.

Reinald ·

Die logika ontgaan my. Raak diesel duurder, word petrol goedkoper. Word diesel goedkoper styg petrolpryse. Albei (so ook parafien) word dan van dieselfde goed geraffineer, maar daar is GEEN verband in prysveranderige!?

Fluisterwind ·

Dit maak ook glad nie vir my sin. Is die raffinadery van petrol nie meer ingewikkeld as die van diesel? Kan iemand verduidelik asb?

Christine ·

Kos en alle produkte wat per pad vervoer word, gaan skerp styg. Ons Jan Alleman, gaan net armer word. Dis nou wat gebeur as ‘n land toelaat dat sy spoornetwerk geplunder word.

Waarnemer ·

Dit word tyd dat ons die taxi verenigings aan ons kant kry.Vroeer jare wanneer brandstof pryse gestyg het,het die taxis bedryf saam gestaan,die land geboikot en getoi toi dat die biesies bewe totdat die regering aan hulle eise voldoen het.Vandag het die regeringshoofde slim geraak,hulle subsidieer die huurmotor bedryf maar wanneer brandstof pryse styg,styg die lewenskoste en benodig ons die hulp van die taxi verenigings om weer te toi toi en die land vol te boikot…..en sodoende word die regering daartoe gedwing om brandstof pryse af te bring.Dit klink dalk dom maar glo my,ons moet hande vat met daardie mense en saam staan teen die regering om te oorleef.

Herman ·

Die oorlog word geblameer vir dit. Maar wat van die “ridiculous” verhogings voor die oorlog?

JohanR ·

Nee wat is verby tyd vir hierdie ANC regering om te @Voertsak. Ek sal nie een van hulle mis nie! Hoe anders moe goedere af gelaai word? Die trein dienste is nie meer want dit is verwoes deur die ANC, soe die enigste manier is per pad.

May10 ·

As diesel op gaan is dit die ergste, nie eers petrol nie. Jou diesel is baie meer belangrik, want alles gaan saam diesel op. Die government maak ons dood.

Marius ·

Die anc meot NOU plan maak as hulle die wil het. Die pryse word beheer deur die regering en nie olie pryse ens nie – dit is my opinie. Iewers is daar n groot rot wat ons dood maak .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.