Diewe besteel Limpopo-lykshuis

lykshuisDiewe het by ʼn lykshuis in Marble Hall, Limpopo ingebreek en ‘n verskeidenheid toerusting gesteel.

Konst. Lethunya Mmuroa, polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die diefstal het tussen 24 Desember 2014 en 29 Januarie vanjaar plaasgevind.

“Volgens die eienaar was alles in orde toe sy op 24 Desember die gebou gesluit het vir die feesseisoen,” het Mmuroa gesê. “Toe sy Donderdag terugkeer, het sy gesien die hoofhek is oopgebreek. Toe sy naderstap, het sy gesien die voordeur is ook oopgebreek, en ‘n verskeidenheid toerusting is gesteel.”

Van die items wat gesteel is, is deure, ʼn transformator, ʼn geiser, die koelkamer se motor, gereedskap en ʼn gasstoof.

Die lykshuis het gevolglik toegemaak.

Die polisie ondersoek ʼn besigheidsinbraak. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.