Lt. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes is omstreeks 09:10 buite die North Cape-winkelsentrum in hegtenis geneem. Drie van die verdagtes is vasgetrek waar hulle in ʼn motor gewag het, terwyl die ander twee in ‘n bank in die sentrum vasgetrek is.
“Koperkabel van ongeveer 67kg is in hul besit gevind,” het Mdhluli gesê. “Beslag is gelê op die koperkabel en ʼn groot bedrag kontant.” Die verdagtes is tussen 22 en 43 jaar oud, het Mdhluli gesê.
“Hulle sal in die komende week in die Kimberley-landdroshof verskyn.”
mooi so S.A P.
Mooi so SAP julle wat julle werk nog goed doen hou so aan en maak SA a beter plek
Ek onthou n tyd waar n jagter vir so n foto gestaan het by sy trofee wat hy geskied het om die hoogtepunt te verewig. Vandag neem die polisie sulke foto’s vir hulle vangs seker omdat hulle dit nie gou weer sal reg kry nie.
In diie voorgrond le die koper wat gesteel is en steeds is hulle vermeendes, die arme bloeitjies.
Weer het Maroela hie gevaal!!!
Noem die gemors wat hulle is!