‘Diewe’ by Kimberley-winkelsentrum vasgetrek

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Wenk aan die polisie het daartoe gelei dat vyf vermeende koperkabel-diewe buite ʼn winkelsentrum in Kimberley in die Noord-Kaap vasgetrek is.

Lt. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes is omstreeks 09:10 buite die North Cape-winkelsentrum in hegtenis geneem. Drie van die verdagtes is vasgetrek waar hulle in ʼn motor gewag het, terwyl die ander twee in ‘n bank in die sentrum vasgetrek is.

“Koperkabel van ongeveer 67kg is in hul besit gevind,” het Mdhluli gesê. “Beslag is gelê op die koperkabel en ʼn groot bedrag kontant.” Die verdagtes is tussen 22 en 43 jaar oud, het Mdhluli gesê.

“Hulle sal in die komende week in die Kimberley-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Irene ·

Mooi so SAP julle wat julle werk nog goed doen hou so aan en maak SA a beter plek

vermeende ·

Ek onthou n tyd waar n jagter vir so n foto gestaan het by sy trofee wat hy geskied het om die hoogtepunt te verewig. Vandag neem die polisie sulke foto’s vir hulle vangs seker omdat hulle dit nie gou weer sal reg kry nie.

In diie voorgrond le die koper wat gesteel is en steeds is hulle vermeendes, die arme bloeitjies.
Weer het Maroela hie gevaal!!!

Noem die gemors wat hulle is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.