Diewe dwing slagoffer glo om rottegif te drink

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Gauteng is steeds op soek na ʼn groep mense wat ʼn vrou beroof en haar gedwing het om rottegif te drink.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie in Gauteng, Donderdag gesê. Die vrou van Daveyton aan die Oos-Rand is verlede week Vrydag dood nadat die groep haar Donderdag aangeval het.

“Ons wag op die uitslag van die nadoodse ondersoek om te bepaal of sy aan vergiftiging oorlede is,” het Dlamini gesê.

Die New Age het Donderdag berig die vrou is na ʼn Nedbank-tak in Benoni om geld te trek. Die groep het haar aangeval, beroof en in ʼn motor gedwing voor hulle haar glo gedwing het om die gif te drink. Hulle het haar langs die N12 gelaat en sy kon haar selfoon gebruik om ʼn gemeentelid te skakel. Dié persoon het ʼn ambulans ontbied, maar die vrou is in die hospitaal oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Justi ·

Dis net moord en nogmaals moord en die gemors loop feitlik skotvry daarna. Al die wreedheid van die plaas moorde die rooftogte en verkragtings word seker deur die barbare as normaal gesien. Mag die kriminele en barbare dieselfde behandeling kry as wat hul uit deel.

monique duxbury ·

Dit gaan nooit ophou nie..hoe gaan die kriminele oorleef as hul nie moor en roof en steel ….ons mense id te sleg om te werk..en dis die vinnigste uitweg moor moor en nog masls moor….geen wonder hul loop al met AK47 in mall al rond nie…dis gaan lekke in suid afrika…

SNEL ·

Dis vreeslik, dit raak net erger en erger. Ai, wat daai arme vrou nie moes deurgaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.