‘Diewe plunder militêre basisse ongehinderd’

Pieter Groenewald. Argieffoto: Twitter

Die VF Plus het vandeesweek gesê die plundering van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se bates, insluitend wapens en ammunisie, terwyl daar byna geen suksesvolle vervolging is nie, is skokkend en dui op ʼn verval in die bevelstruktuur in die weermag.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê in die antwoord op ʼn geskrewe parlementêre vraag wat hy aan Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die minister van verdediging en militêre veterane, gerig het, het dit aan die lig gekom dat daar in 2016 altesame 417 voorvalle van diefstal (272) en inbrake (145) by weermageenhede plaasgevind het.

“Tot dusver was daar net 14 gevalle van suksesvolle vervolging. Hiervan was 11 vir diefstal en drie vir inbraak. Nie een persoon is suksesvol vervolg vir die diefstal van wapens nie,” het Groenewald gesê.

Volgens Groenewald is ʼn wye verskeidenheid items is gesteel, maar is die groot voorkoms van die diefstal van wapens en ammunisie in dié tydperk veral kommerwekkend. ʼn Opvolgvraag sal aan die minister gerig word oor die hoeveelheid en soort wapens wat gesteel is.

“Die diefstal van rekenaartoerusting kom ook wyd voor, maar letterlik alles word gestroop waarop diewe hul hande kan lê; van kos, batterye, petrol, drank, kontant, fietse, tuintoerusting tot kampeertoerusting, klere, motoronderdele, uniforms en dokumente.”

Groenewald het gesê hierdie syfers maak dit duidelik dat daar nie meer behoorlike bestuur in die weermag is nie. Hy sê dit is die direkte uitvloeisel van regstellende aksie wat gelei het tot swak opleiding en ʼn gebrek aan dissipline.

“Opvallend is dat daar selfs by die militêre polisie onder meer wapens, rekenaartoerusting en kontant gesteel is terwyl dit juis hulle is wat moet sorg dat die weermag se eiendom beskerm moet word.

“Indien die weermag nie eens in staat is om sy eie basisse teen diefstal en stroping te beskerm nie, kan daar met reg gevra word tot watter mate hy in staat is om die land en sy inwoners teen ʼn moontlike bedreiging te beskerm,” het Groenewald gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

48 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chris

Ek kon al vir my ‘n Bosbok en of ‘n Cessna Caravan by een van die lugmag eskaders gaan haal het. My vriend het al daaraan gedink om ‘n Puma helikopter te loop haal. Die gedagte was in 2007 al geopper. Klink nie asof die situasie intussen verbeter het nie.

Apache

Alles is een groot joke in hierdie vergete land. ons het nie n weermag nie maar n sirkus.

snoefie

VIVA BBBEE!!!!!
die weermag idee is verseker te kolonialisties maar hulle salarisse en bates is aanvaarbaar en o, so begeerlik. die land en sy inwoners beskerm? wie is die land se grootste bedreiging?

Johanna Botha

Alles waaraan die anc vat is n GROOT gemors ! Dink maar ook aan al die voertuie wat net buite pta gebrand het ….berge val op ons !

Eish

Geen enkele bate wat tydens die bewindsoorname in 1994 oorgeneem is, is suksesvol bestuur nie. Inteendeel, alle bates is sodanig bestuur dat dit omgeskakel is in n las. Die gevolgtrekking kan dus gemaak word dat die ANC regering nie die intellektuele kapasiteit sowel as die waardesisteme het ten einde die bestuur van die gewese bates doeltreffend te kan verrig nie. Een voordeel is dat n staatsgreep met knopkieries en assegaaie dus n groter moontlikheid is as een met moderne wapentuig. Trouens, dit is n feit dat misdadigers beter bewapen is dan die ordehandhawers. Dieselfde gaan gebeur met myne wat is… Lees meer »