‘Diewe plunder militêre basisse ongehinderd’

Pieter Groenewald. Argieffoto: Twitter

Die VF Plus het vandeesweek gesê die plundering van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se bates, insluitend wapens en ammunisie, terwyl daar byna geen suksesvolle vervolging is nie, is skokkend en dui op ʼn verval in die bevelstruktuur in die weermag.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê in die antwoord op ʼn geskrewe parlementêre vraag wat hy aan Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die minister van verdediging en militêre veterane, gerig het, het dit aan die lig gekom dat daar in 2016 altesame 417 voorvalle van diefstal (272) en inbrake (145) by weermageenhede plaasgevind het.

“Tot dusver was daar net 14 gevalle van suksesvolle vervolging. Hiervan was 11 vir diefstal en drie vir inbraak. Nie een persoon is suksesvol vervolg vir die diefstal van wapens nie,” het Groenewald gesê.

Volgens Groenewald is ʼn wye verskeidenheid items is gesteel, maar is die groot voorkoms van die diefstal van wapens en ammunisie in dié tydperk veral kommerwekkend. ʼn Opvolgvraag sal aan die minister gerig word oor die hoeveelheid en soort wapens wat gesteel is.

“Die diefstal van rekenaartoerusting kom ook wyd voor, maar letterlik alles word gestroop waarop diewe hul hande kan lê; van kos, batterye, petrol, drank, kontant, fietse, tuintoerusting tot kampeertoerusting, klere, motoronderdele, uniforms en dokumente.”

Groenewald het gesê hierdie syfers maak dit duidelik dat daar nie meer behoorlike bestuur in die weermag is nie. Hy sê dit is die direkte uitvloeisel van regstellende aksie wat gelei het tot swak opleiding en ʼn gebrek aan dissipline.

“Opvallend is dat daar selfs by die militêre polisie onder meer wapens, rekenaartoerusting en kontant gesteel is terwyl dit juis hulle is wat moet sorg dat die weermag se eiendom beskerm moet word.

“Indien die weermag nie eens in staat is om sy eie basisse teen diefstal en stroping te beskerm nie, kan daar met reg gevra word tot watter mate hy in staat is om die land en sy inwoners teen ʼn moontlike bedreiging te beskerm,” het Groenewald gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Chris ·

Ek kon al vir my ‘n Bosbok en of ‘n Cessna Caravan by een van die lugmag eskaders gaan haal het. My vriend het al daaraan gedink om ‘n Puma helikopter te loop haal. Die gedagte was in 2007 al geopper. Klink nie asof die situasie intussen verbeter het nie.

Apache ·

Alles is een groot joke in hierdie vergete land. ons het nie n weermag nie maar n sirkus.

Chris Ws ·

Apache ek dink dis eerder ‘n geval van dit is nou ‘n rowersnes!Maar ja, wats die verskil tussen die Weermag en ‘n sirkus?Niks behalwe die Weermag het meer tente en meer narre!

Adam ·

Apache, ten 1980 was ons oortuig dat as die SAW Maandagoggend begin oorlog maak teen Afrika, eet ons Woesdagaand aandete in Kairo. Indien ons nou op ‘n Maandaoggend uit die Kaap met die oorlog begin sal die SANW sukkel om teen Woensdag by Nando’s in Parow te wees.

andrea van vuren ·

En nou steel die president wraggies nog ‘n museumstuk vegvliegtuig onder die oë van die sogenaamde of ‘vermeende’ soldate se oë uit! Dr Groenewald, weet net ons gee nou boedel oor!

snoefie ·

VIVA BBBEE!!!!!
die weermag idee is verseker te kolonialisties maar hulle salarisse en bates is aanvaarbaar en o, so begeerlik. die land en sy inwoners beskerm? wie is die land se grootste bedreiging?

Johanna Botha ·

Alles waaraan die anc vat is n GROOT gemors ! Dink maar ook aan al die voertuie wat net buite pta gebrand het ….berge val op ons !

Eish ·

Geen enkele bate wat tydens die bewindsoorname in 1994 oorgeneem is, is suksesvol bestuur nie. Inteendeel, alle bates is sodanig bestuur dat dit omgeskakel is in n las. Die gevolgtrekking kan dus gemaak word dat die ANC regering nie die intellektuele kapasiteit sowel as die waardesisteme het ten einde die bestuur van die gewese bates doeltreffend te kan verrig nie. Een voordeel is dat n staatsgreep met knopkieries en assegaaie dus n groter moontlikheid is as een met moderne wapentuig.

Trouens, dit is n feit dat misdadigers beter bewapen is dan die ordehandhawers.

Dieselfde gaan gebeur met myne wat is staatbesit kom. Die goed gaan eenvoudig gestroop word van hul bates soos no 1 se gewigtige neef met Pomodzi bewys het.

Die onlangse betogings deur oa die ANCYL voor Remgro se kantore waar die strate getooi in Nivea room en Knorr sop, is net weereens n bevestiging van Mnr. Rupert se stelling dat die beleid van radikale ekonomiese transformasie n kodewoord vir diefstal is.

Hanna ·

Geloofwaardigheid voor kundigheid. Kyk, as die minister die troepe moet maan om hulle te weerhou v seksuele dade met die betrokke land se burgers voor hulle ontplooi word, dan is die skrif aan die muur met betrekking tot ons troepe se moraal en denkwyse.

Andre ·

Hanno as jy in so ‘n weermag moet wees sal jou moraal ook laag wees.

Johannes van Staden ·

Hulle kan nie eers hulleself beskerm teen diewe, wat nog van die land. PATETIESE , onkundige mense wat probeer die land regeer, maar heeltyd die verkeerde goed sê en doen. En daar sit ons nou met net mooi alles wat junk is …dankie anc julle het ons hier gekry in 20 jaar !

Melanie ·

Ek gehoor in Hoedspruit militêre basis moes hulle die hangers se deure toe sweis sodat dit nie geplunder word nie.

Keelvol ·

Wat kan hulle tog reg doen? Is daar enige voorbeeld van n land of instansie wat suksesvol deur hulle bestuur word?

He-he-he-he Humorvark ·

Kommentatore verstaan dit eenvoudig nog nie. Suid-Afrika word nou “gedekolonialiseer”. #WegMetKolonialeSAW&Wapens& Bates” word nou vervang met #BringTerugTradisioneleWapens!

John ·

Dis groot geld in ons buurlande en elders soos renosterhoring en ivoor. En is is laasgenoemde twee ons regering se erns? Ons woon in ‘n Afrikaland wat vroeerjare deur witmense bestuur is. Dit is al. Bygelowe en ander gode word nou gelykgestel aan ons Christelike geloof en het De Klerk $ £ie iets getweet? . Baie praat maak nie reen nie, maar om die Ware God te aanbid. Wapens wen nie ‘n oorlog nie, maar die Vader bewerk die oorwinning. Wanneer spreek ons geagte nuwe leier van die VFPlus (waarvoor staan die plus) die Afrikaners toe, of is dit gelukkig ook teen die wet.

andrea van vuren ·

John kan jy jou die chaos indink wanneer ons Afrikaners iewers heen saam opruk om na dr. Groenewald te gaan luister? Die “tradioneles” gaan ons met radikale haatspraak en -wapens keer en vernietig. Ons moet dr. Groenewald beskerm. Hy dwing met sy waardigheid respek af. .

Maestro Ystersaag Ystervark ·

Dit neem blykbaar 2 uur om ‘n spoorstaaf deur te saag en weg te dra. Wonder nou hoe lank sal dit neem om ‘n tenk op te saag en weg te dra.
“Radical (with handsaw) economic (tank) transformation (into ching)”

Stadsligte Nagvark ·

Die grootskaalse diefstal en korrupsie in Suid-Afrika laat my onwillekeurig dink aan die keer toe die ligte van New York afgegaan het en die gepeupel die winkels op groot skaal geplunder het.

Die rede vir die ongekende diefstal van alles materialisties in Suid-Afrika is omdat die kriminele daarvan bewus is dat bestuurstelsels en prosesbestuur in Suid-Afrika platgeval het en vervang is met ‘n vakuum gevul met geen werkbare volhoubare prosesse, monitering, kontroles, dokumentasiebestuur, verantwoordelikhede, aanspreeklikhede, dissipline en meriete en vervolgings nie. Vrees en geheimhouding en selfverryking heers. Staatskaste, myne, plase, weermageenhede, polisiekluise, ATMs, hospitale, spoorstawe en telefoonkabels, voertuie, renosterhoring, olifanttande, perlemoen, leeubene, honde en katte asook mense word gestroop. Selfs die eenvoudige donkies word nie ontsien nie.

Wanner word Suid-Afrika se ligte weer aangeskakel?

Veritas ·

Ek was 22 jaar lank lid van die SAW. In my tyd was daar elke jaar ‘n skoon oudit uitgereik. Vuurwapenverliese was beperk tot die paar wat weens ouderdom ondiensbaar geraak het. Ek kan onthou van die groot opskudding, wat die verlies van ‘n kompas, na ‘n grenskamp ,veroorsaak het. Vandag is vuurwapen veliese skynbaar nie ernstig nie. Ons moet hoop en bid dat ‘n land soos Lesotho ons nie binneval nie. Die Uniegebou sal 2maande lank deur die invalsmag beset wees voordat ons inligtingsafdeling daarvan kennis neem. Dié spul sal nie eers ‘n laerskool Voortrekkerkommando kan baasraak nie. Gelukkig weet ou Bob dit nie anders was ons laaankal deel van sy grondgebied. Sy vrou het al klaar ons kamtige polisiemag en kabinet oorgeneem. En dit sonder dat daar ‘n skoot geskiet is. Sy het dit met ‘n stuk elektriese verlengkoord reggekry.

Piet Snot ·

Noudat jy dit sê: ek moes ouens vervolg wat ná ‘n kamp met hul rugsakke huis toe probeer gaan het. Man amper rang verloor oor ‘n rugsak.
En deesdae lyk dit my jy kry jy ‘n aanbeveling as jy ‘n wapen verduister.

A. Mac ·

Hoekom is almal nou so verbaas? Is dit nie die normale gedrag van mense wat ‘n president het wat dieselfde doen nie? En dis nie of hierdie stelers en diewe enigsins betaal het vir die goed nie of dat hulle daardie innerlike moreel het wat hulle die kennis en respek moet gee vir goed wat aan hulle toevertrou is in die uitvoering van hul pligte.

JCS ·

Meer as ‘n jaar gelede het ek ‘n gesteelde weermag vragmotor gerapporteer en daar het mooi niks van gekom nie. Dit was ‘n blanke Kolonel. Wat se julle hiervan?

Donovan ·

Ek kan jare terug onthou, ek was in die berede gewees en ons moes ons kos by Heidelberg gaan haal het, ons het mekaar met die vuiste geslaan om soontoe te gaan… Vandag as ek daar verby ry kry ek trane in my oe… kan nie glo dat dit so daar lyk nie… van daardie bosse staan hoer as die geboue… Hierdie sal n baie maklike inval wees… Waar is ons Gideon…

Staan by ·

Boys……maar dis goeie nuus vir ons, dit gaan maklik wees om ons self te bewapen as dit nodig word. Jitte……..het jul enige idee die vrees wat hul sal beetpak as hul uitvind i klomp ou weermag manne het hul self bewapen, hulle sal mekaar dood hardloop ha ha ha ha.

Oupa Vlakvark ·

Ek het as troepie op die grens in 1966 nooit kon droom dat ek ooit so ‘n artikel en meegaande kommentare in 2017 sou lees nie! Daar was een nag ‘n troepie wat sy No 1 ding langs die paradegronde gedoen het. Mensekind, die volgende oggende toe die sien die “eienaar van die paradegrond” (Sersant majoor XYZ) die klammigheid van die No 1 produk. Eish Mates, die gort was gaar! Nousdae word pap-en-vleis op die paradegronde gesmous.

Rooi Jan ·

Mnr Groenewald is reg ons weermag kan ons nie beskerm teen n inval nie hulle is totaal useless.

Cwj ·

Vinnige vraag. Het ons liefste Suid Afrika nog ooit ‘n weermag? In my jonger dae sou dit nooit gebeur het nie.
Ek is eintlik skaam om te erken dat ek ‘n Soud Afrikaner is. Verskoning, ek is ‘n boer, so, ek is nie deel van Suid Afrika nie. Jammer, ek moes dit deel. My beskeie mening.

lewies ·

Kom ons praat vir ‘n slag reguit. Ons draai die waarheid in watte toe.

Johannes Meintjes ·

Betreurenswaardig! Die SA Vloot van vandag is nie wat ek tydens my 20 jaar seedienstermyn sedert 1978 beleef het of wat ek in ‘n inter-weermag SSO pos help behartig het nie … Kan die reserwemagte aanwending van SAW Veterane nie SA Weermagsake help beredder ter wille van die behoud van ‘n al broser Nuwe SA nie?

Hannie ·

Ontbind die weermag heeltemal hulle is nie meer nodig nie want wat doen hulle vir SA

Boeremeisie ·

Jare terug was daar ‘n korporaal wat na sy troepe verwys het as rower. “Rower jy is nou die staat se eiendom”. As hy vandag nog daar is sal sy beskrywing seker korrek wees of hoe

KFN ·

Dit is presies die gevolg daarvan dat die top offisiere range ontvang het as beloning vir hulle deelname aan hulle “vryheid stryd” en nie as gevolg van hulle vermoë nie.
Alles goed en wel om die rang te dra en die massiewe salaris en perks wat daarmee saamgaan te geniet maar wanneer die bestuurs en militêre kennis onbreek, sit jy met die chaos waarin die land hom bevind.
Dit is beslis dieselfde in alle vakke van die staatsdiens tot op munisipale vlak.

Koos B ·

KFN jy is 100% reg ek werk daagliks met hulle.Die arme blanke soldate met jare diens moet maar die werk doen en weet die kanse vir bevordering is basies 0.Hulle (die manne met die range)weet die ouens moet maar vasbyt en hulle tyd klaarmaak tot en met pension.

phillip ·

Kyk net na julle kommentare , kyk na hoe kwaad is julle, julle kla maar doen niks , wat moet julle doen ? begin deur jou medemens te help en saam te staan , heilig 16 desember , dit wat oppad is in die land is n loutering en ons verdien dit want het het ons rug op die Skepper gedraai , ons het materialistiese honde geword . Is julle regtig so dom dat niemand dit eers kan indink dat daar n georganiseerde beweging al vir lankal aan die werk is , on moeilikheid is in die pos , ons moet nou kies , of ons keer terug na die Skepper of ons gaan hierso doodgaan

Jan ·

Ek gaan doen wat Phillip se en my medemens bystaan……gaan nou saam met hul daai Casper steel en verkoop…..wie kan vir my se by watter skrootwerf ek die beste pryse vir staal kan kry? Petrol prys gaan op het geld nodig

Chris Ws ·

Donald Trump kan net 2 vliegdekskepe stuur dan vat hy die land oor.Een skippie het soveel personeel soos ons hele Vloot !Dan nog ‘n klomp vegvliegtuie ook wat ons Lugmag op die grond sal vernietig!Skippie no 2 skakel die Leer uit en siedaar!

Anoniem ·

Ek is so uiters sat vir die SANDF en sy trawante. Dit is werklik een van die grootste regstellende flops. Orals waar mens ry sien jy hoe misbruik, gebruik en steel die klomp. Wat het geword van sekerheidsklarings en dissipline?? Daar is bestaan vir alle doeleindes geen Weermag meer nie.

Edward Shawe ·

Dr Pieter Groenewald. Jy sit nou die pot ver mis. Moet asseblief nie die weermag aanval nie. Val die regering aan wat die begroting goedkeur. Jy wat in die parlement almal wil verskree oor die wetteloosheid en skade en verliese in die weermag. Dan wil jy nog bo alles proppageer ook. Val ook die regering aan oor die begroting vir Departement Openbare Werke wat die Basisse en aanloopbane instand moet hou. Die weermag kan niks doen as daar nie fondse is nie. Jy is sterk besig om Jan publiek deurmekaar te maak met jou proppaganda. Ek was vir 22 jaar n soldaat en ek het met dorpsbestuur en procurement gewerk. Ons weet presies watse fondse toegeken word aan die weermag elke jaar. Miskien moet jy Dr Pieter Mulder net n bietjie meer ondersoek gaan instel oor wie die begrotings vir die weermag en Departement Openbare werke toeken. Dan sommer ook kyk na die soldye van die soldate want huidiglik word hul pay deur GEPF, my en ander pensioentrekkers betaal en nie deur die regering nie, ook die se begrotings wat gesny is.

Edward Shawe ·

Ek moet verskoning vra aan Dr Pieter Mulder wat in my post genoem word. My mening was gemik op Dr Pieter Groenewald.

anton ·

Dan is daar wragtag nog mense wat hoop het vir S.A!!!!!!!!!!

Theresa ·

Sotterny. Sou ook graag nog by als hierbo genoem, wou sien hoe fikse soldate oefen. Is daar nog soldate in die land? Sien baie, baie min een langs pad loop of in ‘n winkel. Wel, dis nou mense met ‘n uniform wat ek dink nog weermag is.

Ex Soldaat ·

Edward ek was self in weermag en ek verstaan wat jy se, maar jy het nie geld nodig om behoorlike dissipline te handhaaf nie. Met dissipline in plek sal daar nie diefstal en wanorde heers nie, maar op die stadium is dit Free For All. Hul sien dit by die land se leiers en volg hul na.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.