Diewe plunder staatskliniek

Die kliniek het behoorlik onder vandale deurgeloop. Foto: ANA

ʼn Staatskliniek in Port Elizabeth het die afgelope naweek onder diewe deurgeloop wat die kliniek geplunder en onder meer anti-retrovirale middels gesteel het.

Lwandile Sicwetsha, woordvoerder van die departement van gesondheid in die Oos-Kaap, sê verdagtes het by die Walmer Gqeberha-kliniek in die Baai ingebreek en brandblussers gebruik om die kliniek te verniel. Rekenaars is beskadig en waterpype uitgeruk.

Die vandale het met die kliniek se voorraad anti-retrovirale middels op die vlug geslaan.

Helen Sauls-August, LUR van gesondheid in die Oos-Kaap, het gesê sy is teleurgesteld oor die vandalisme by dié kliniek.

“Die vernietiging van gesondheidsfasiliteite is ʼn reuseterugslag in die regering se pogings om primêre gesondheidsorg na gemeenskappe te bring. Misdadigers ontneem inwoners hul reg op toegang tot gesondheidsorg van gehalte,” sê Sauls-August.

Die LUR het ook gesê dat gemeenskapstrukture in die Baai gesondheidsorgfasiliteite behoort te beskerm. “Misdadigers kan nie klinieke bloot vernietig en die gemeenskap doen niks daaromtrent nie.”

Die voorval is by die polisie aangemeld.

Die kliniek sal ná afloop van die polisie se ondersoek op die toneel opgeruim word voordat bedrywighede sal kan hervat. Sicwetsha raai pasiënte aan om intussen gebruik te maak van Walmer 14, asook die stad se sentrale klinieke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

andre ·

ja…dit is die state of the nation…skelms is baas en die polisie het geen beheer…nog n banana republiek…tipies afrika ….en wie gn die skuld kry…

Elna ·

Inside info. Sal ek se soos dit maar meeste gevalle maar is.

jaco ·

ek kan verstaan as n “wit” privaathospitaal geplunder word – seker maar die straf vir “wit monopoliekapitaal”. maar waarom hulle eie rasgenote se hospitaal plunder? iets maak nie sin nie

Skroef ·

Die diewe wou nie weer die jaar ure lank kom sit en wag nie. Toe vat hulle maar voorraad vir die jaar.

koos ·

Word dwelms nie vervaardig met ARV nie? Ek verbeel my ek het so iets ‘n wyle terug gelees.

Martie ·

@ Koos – ek het dieselfde in Life Peglerae hospitaal se boek gelees die naweek

Irene ·

Is mos geleer die afgelope jare om te plunder. Het niks daar aan gedoen nie

Oujongvrou ·

Daar word die vreeslikste dwelms met die middels gemaak. Lees dit op, mense raak heeltemal van hulle koppe af as hulle dit neem. Soos zombies

Andre ·

Misdadigers is nou orals, eers word belastingbetalers beroof en die staatswerkers se pensioenfond geplunder en nou selfs die klinieke en parlement. Ek stem saam met Me Helen Sauls-August dit vernietig die gesondheidsfasiliteite……….

1+1 ·

Die regering sit met ‘n enorme prioriteitsprobleem. STOP!! OM DIE BELASTINGBETALER SE GELD UIT TE DEEL. Kry die misdaad en die oorsake daarvan onder beheer.

Hanna Hoekom ·

Is dit nie dalk tyd dat hierdie ondankbare “gemeenskappe” maar op die harde manier leer nie? Sluit die kliniek totdat die skuldiges uitgelewer word. Glo my, iewers weet iemand iets! So leer die gemeenskap om hul basiese geriewe op te pas en spaar die vuisvoos belastingbetaler miljoene. Maar ai, dis mos weer een v die dae verkiesingstyd. Wishful thinking I guess?

aj ·

Die ARV medikasie word op groot skaal misbruik in ‘n mengsel saam met ander dwelms.

Dwelmverslaafdes stuit vir NIKS!

Dwelms
… of die dood!

Driekwart van die mense is verslaaf aan ‘mind altering drugs’!

Hier in SA én elders …. selfs in die VSA .

Gaan kyk ‘Ben is back’ as jy nog nie verstaan waartoe dwelms mense ‘dryf’ nie.

Christo ·

Die inbrekers was agter die antiretrovirale middels, hoekom neem hulle net dit nie. Nee dis mos helse pret. Die spuit van brandblussers word gebruik om vingerafdrukke te verbloem. Dis onnodig want die SAPD het nóg die wil nóg die vermoë om die skelms te vang.

Boet Fasie ·

Hulle plunder die staats kliniek want daar is niks meer in die staatskas oor om te plunder nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.